"Die unieke leefstyl wat elkeen dink is reg" deur Divan Potgieter

  • 0

Die unieke leefstyl wat elkeen dink is reg

Die soeke na verwagtinge
Vaste vertroue wat jy begeer
Begeer wat jy nooit in jou eie hande gaan kan vashou nie
? Groot sprokieswêreld wat jy deur en deur in jou kop teken
Onvoltooid die pad na jou hart se kosbaarste besitting
`? Droom wat sy stryd verloor en verander in ? nagmerrie

Die kuns, die moeilike taak van tevredenheid
Die keuse lê in jou hande
Die magtige krag van die masker word deur jouself bepaal

REFREIN:
Lewens word verwoes
Tweegesigte loop weg van die kwaad
en jy is die een wat gearresteer word vir moord
Moord op jouself
? Bloedige, emosionele selfbeeld wat jy afkraak
Die bewyse dat jy lewe word verbrand in die duisternis
Niemand sal jou onthou vir die tweegesig persoon wat jy was nie
Hulle sal jou haat daarvoor

? Gebou, ? plek waar jy jou hart se kosbaarste geheime kan wegsteek
Waar jy al jou verlede se vullis kan verberg
? Oomblik, ? kort tyd waar jy regtig geluk het
Geraamtes wat uit jou kas spring, spring na die realiteit
? Ontploffing, ? reusagtige slag
Liefde, geluk en vreugde wat jou lewe omsirkel

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top