"Die tyd raak min" deur Clarisse Adams

  • 0

Die tyd raak min

Koor

ek weet ek gaan aan die anderkant staan
met my hart in my keel en my oë op die maan
ek weet ek gaan saggies verlang
maar jou beelde sal ek uit my brein verban
en dinge gaan anders wees

die eerste keer
toe ek my oë oopmaak
was jy daar
ek het diep in jou siel gekyk
en my ma erken
jy't my grootgemaak

op jou skouers
het ek my knieë oopgeval
en opgestaan
in die waaie van jou arms
het ek gerus
jy't my liefgehad

Koor
...

Brug

jy daag my uit
jy lê my neer
jy vee my trane af
ek wens ek kon
bly

in jou bors
het ek my siel gevind
my wese is
in jou vervolmaak
vir altyd
sal ek joune wees

Koor
...

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top