Die triomf van Afrikaans

  • 0

Hello

Afrikaner-nasionalisme was uiters suksesvol, met Afrikaans as die amptelike taal. Die regering van die dag Afrikaans, skole, kerk en universiteite in Afrikaans, die werkplek in Afrikaans. Die TV en radio van die dag grootliks in Afrikaans. Die pers in Afrikaans. Die Afrikaner het dus in ’n borrel geleef, vas onder die indruk dat hierdie ’n Afrikaanse staat was, meestal onbewus van hoeveel mense uitgesluit was uit die Afrikaner se paradys. Daarom kan dit verstaan word hoekom daar ’n sekere tipe Afrikaner is wat nostalgies daaroor kan wees en soos Jan Rap en Comestor doen. Die huidige stand van sake skets as ’n verlaging in standaarde en dat alles nou tot ’n val gekom het. Daar kan gesien word hoe die twee mekaar op die skouer klop.

Logies is dit nie.

Die triomf van Afrikaans, en daar is geen plesier daarin om dit te skryf nie, is gebou op die radikale uitsluiting van die meerderheid van die bevolking van sy tyd en dit is nie altyd bekend hoe brutal daardie uitsluiting was nie. Hierdie brief gaan dit oorsigtelik bespreek.

Skoolopleiding vir die Afrikaan was grootliks oorgelaat aan die sendelinge, maar Verwoerd kon dit nie verdra nie en het gevrees dat die horde opgevoed gaan word om ’n swart Engelsman te word en dit moes verhoed word. Daarom dan die Bantoe-onderwys wet van 1953 wat as uitsluitlike doel gehad het, “there is no place for the native in the European community above the level of certain forms of labour”. Per kapita is daar tien keer meer op ’n wit leerling spandeer as wat daar op ’n swart leerling spandeer is.

Met die skole nou onder die beheer van die Afrikaner nasionaliste en die beleid van skoling in plek was die universiteite volgende. Die universiteite was aangespreek in die wetgewing van 1959, “Uitbreiding van die Universiteit Opvoeding Wet” wat swart studente verbied het in die Afrikaner en Engelse universiteite van die tyd en ’n swart student net met die spesiale toestemming van die minister van onderwys sulke universiteite kon inskryf voor.

Dit was suksesvol, die swart bevolking wat ongeveer 80% van die land se bevolking opgemaak het net 20% van die universiteitstudente opgemaak.

Wanneer daar dus van mislukking gepraat word uit die monde van Comestor en Jan Rap, dan moet hierdie agtergrond eerder die gesprek dryf. Studente was doelbewus nie die geleentheid gegun om ’n kwaliteit opvoeding te geniet nie. Is dit bevestigend van ’n demokrasie, was die regering van sy tyd demokraties in die deelname wat dit daar gestel het.

Duidelik nie, daarom is die verskonings en versinsels wat deur ’n Jan Rap en ’n Comestor aangebied word, oneerlik, dit verwys nooit die agterstand wat die uitsluiting tot gevolg gehad het nie en die prys was nou nog daarvoor betaal word nie.

Daarom, as skuld toegeken word, moet almal hul las dra in ooreenstemming met hulle verantwoordelikheid daaraan.

Die Engelse universiteite het selfs voor die wetgewing van 1959, aktief swart studente toegelaat, in teenstelling met die verval wat Jan Rap skets, het daardie universiteite hul morele plig in verband met opvoeding nagekom. Die Afrikaner staat het hulle verhoed om so te doen en dit is die onreg.

Dit is daarom ’n Afrikaner soos Jan Rap, Comestor, die bulle van Stellenbosch wat nog steeds glo, die onregverdige bevoorregting moet voortgesit word. Tolke, spesiale strome om studente te skei, Afrikaans teenoor Engels.

Daarom word dit herhaal, universiteite moet volkome oop wees, Engels moet die voertaal wees en die verlede wat Afrikaans se bevoorregte rol moontlik gemaak het moet agtergelaat word.

Baie Dankie

Wouter

Brief verkort. – Maggie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top