Hello,
Onlangs is daar deur myself notas oor die ontwikkeling van demokrasie publiseer wat gebaseer was op ’n opstel van Larry Diamond, die redakteur van die publikasie Democracy. Daar was ongunstige kommentaar daarop en wat veral uitgestaan het was die bewering dat Suid-Afrika nie ’n demokratiese land is nie.
Die vergelyking wat gemaak was het verwys na die Fransman wat stem in Frankryk, die Duitser wat stem in Duitsland en so aan. Daar is nie deur my reageer nie aangesien die oorsprong van daardie denke so duidelik was dat rede geen verskil sou maak om die persoon daarvan te laat afsien nie, alhoewel dit moontlik sou wees om onmiddellik te kon reageer het dit effens sinneloos gevoel om so te doen. Wat wel waardevol is om die idees agter die stellings gemaak te probeer verstaan en die oorsprong daarvan te ondersoek en word dit nou aangebied.
Aangesien dit sinneloos sou wees om na ’n verstokte ideoloog te draai vir advies oor die onderwerp verkies ek om my te wend tot ’n lesing wat Van Zyl Slabbert gelewer het in lewe by die Universiteit van Oxford oor die tydperk 27 en 29 Oktober 1987.
Die lesings skep die agtergrond van dekolonisering wat die idee van wit dominansie veral uitgewys het as ’n volkome onaanvaarbare beginsel maar in Suid-Afrika wat onafhanklik kon optree is daardie tendens teengestaan en was dit veral Daniel F Malan en Johannes G Strydom wat die wetgewende fondasie vir apartheid daar gestel het in sy kru vorm. Maar soos beweer word, die Afrikaner is nie rassisties nie. Laat dit dan so wees alhoewel die wetgewing die teendeel uitwys. Nog ’n sinnelose debat wanneer historiese ontwikkelinge in oorweging gebring word en bied Dons De lange geen ontsnapping nie.
Die onderbou van die wetgewing en die ontwikkeling daaruit kan opgesom word in die woord wat Strydom gebruik het, ‘baasskap’, in sy ‘eie land’ gaan die witman die ‘baas’ wees, of dan die ‘baas van die plaas’.
Dit was egter Hendrik F Verwoerd wat dit vervolmaak het met die beginsel van aparte ontwikkeling. Verwoerd vir al sy halstarrigheid het besef dat dekolonisering tyd nie laat stilstaan nie en dat veranderings gemaak moet word.
Die teorie van aparte ontwikkeling argumenteer dat Suid-Afrika is nie ’n land wit versus swart nie, wat die idee ondersteun om te beweer dit is nie rassisties nie, maar dat dit eerder op ’n verskeidenheid van kulturele minderhede, nasies wat strewe na onafhanklikheid wys, en net soos in Europa moet die moederland help om aan daardie strewe te voldoen en onafhanklikheid te bewerkstellig vir hierdie verskeidenheid van ’nasies’.
Die beweging sou geografies ook wees en soos die gebiede onafhanklik sou word sou die Suid-Afrikaanse burgerskap van hierdie nasies tot ’n einde kom en ’n buitelandse besoeker soos enige ander besoeker sou wees.
Daar is nog veel om te put uit hierdie lesing maar wil ek graag afsluit met die argument wat Van Zyl Slabbert veral op klem geplaas het. Dit gaan soos volg:
“The point I wish to emphasize about this period which has been thoroughly researched is that the aim was to maintain white minority domination at a time when this was the distinctive feature of colonial administration and when every antislavery, anti-Nazi, antiracist and anti-capitalist exploitation could cite this as an example of the ultimate evil. When, in a sense, the West was going one way, South African whites were going the other. This alone guaranteed that South Africa would remain controversial in international affairs.”
Soos gesien kan word is bogenoemde ‘ideaal’ nooit bereik nie en het die poging tot ’n “gemenebes van soewereine state” of ’n “konfederasie van Suid-Afrikaanse State” misluk.
Bogenoemde was aangebied, nie om die byenes weer oop te krap nie maar die intellektuele onderbou van die stellings waarmee geopen is in die brief en elders die eindelose twis oor magsdeling en magsoorgawe in konteks te plaas en te herlei na die oorsprong waaruit sulke argumente put. Wanneer die oorsprong daarvan verstaan word is dit soveel makliker om die domheid daarvan te bevestig.
Hierdie deelnemer spreek sy opregte dankbaarheid uit vir ’n persoon soos Van Zyl Slabbert wat die werklikheid so duidelik kon sien soos hy kon en is die gebrek van sy insig nou ’n verlies waar dit nog meer waardevol kon wees.
Baie dankie
Wouter

