Die Tafel
Hier is ek, hier is jy, die tafel is gedek
Sit jy daar, ek sit hier, elkeen op sy plek
Ewe skuldig sit ons hier, die vingers klaar gewys
Sal ons dit tog ooit verstaan?
Die hart is soms maar traag
Wat verby is, is verby, die tafel bly nog staan
Ek sien jou weer, ek voel jou weer, het ek jou gemis?
Die oomblik hier, ek en jy, al wat verseker is
Selfs na die kruisgeveg waardeer ek jou net meer
Altyd meer as vriende wees, dit sal ek nooit verstaan
Wat verby is, is verby, die tafel bly nog staan
Verskoning vra en jammer sê, ek’s lankal nie meer kwaad
Tyd stap aan, ek en jy, ? foto in ? raam
Toekomsplan en drome droom, apart ons lewens bou
Elkeen in sy wentelbaan, met tyd sal dit vergaan
Wat verby is, is verby, die tafel bly nog staan
Elkeen in sy wentelbaan, met tyd sal dit vergaan
Wat verby is, is verby, die tafel bly nog staan
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.