Die taal van woorde

  • 0

Foto: Canva

Die taal van woorde

Moeg gelees 
geluister
in die donker
in die koue
is daar iets wat oorbly –
woorde

ek maak my oë toe
vir die aantog
van skone geselle
vir die stil ekstase
van ons samesyn
vir genadige begeleiding
deur ’n nag
van al wat niks was nie
naatloos dan
in ’n heelal
genaamd wording

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top