Die Swotsong
Buite is die windjie koud en skraal
Binne stroop die eksamen my toetentaal kaal
Waar in’ie boek kry jy hierdie vraag, meneer?
Nêrens het ek iets van dit geleer
Oukei, sê my dan wat soek dit daar?
Ek dag dan al’ie tyd ek’s lankal klaar
Dié dat ek en Piet gisteraand
‘n dop wou drink op’ie middel van’ie maand
REFREIN:
En ons hoor toe die girls in’ie hoek so lekker lag
En ons dag: Ons soek ook pret vir ‘n slag
Vergete is die boeke wat ons so verveel
Met die dat die lekker girls ons studie-ure steel
Ons gesels en ons suip tot ons lang gape gaap
En vroeg in’ie oggend lok ons bed ons tot slaap
Nou wil ek jou vra die één vraag, meneer
As jy dink ek’s onred’lik kan jy my maar keer
Hoekom moet eksamens my sukses bepaal?
Dis mos net om die pret uit my studies te haal
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


