alleen en nietig kompak
op ’n najaarsagtermiddag
beur jy ’n kort trog deur die water
so amper onbespeurbaar
in die eerste groot element
net in ’n klein kommoditeit geklee –
dis jou kostuum vir die uitswem in die baai –
daaronder ’n lyf buikbleek
maar sonder spriet of sensor,
slegs die dowwe twee sillabes
haal vir haal uit die digdom hart,
en reg aan die punt jou tone pikant nutteloos in die see
nou is jy bloot ’n stemvurk vir die vreemde
met jou kop in deinende meditasie afgeskryf

