Die swart konfooi
In hierdie vier vaal mure
In hierdie uitsiglose bestaan
Perk my in
Ketting my vas
Plaas my in ’n doos
Buite my venster blom
Die swart doringroos
Refrein:
Musiek is my ecstacy
My tydelike ontvlugting
Van my saai realiteit
Sonder enige rigting
Hierdie sorgelose jongmensding
Van aantrekking en fantasie
Het nie weer by my posgevat nie
Ek sien ’n visioen in rooi
Ek sien ’n swart konfooi
Die element van liefde het vervaag
Dit voel soos ’n leeftyd terug
Maar ek kan steeds onthou
Beter as wat ek wou
Jou vermurwende glimlag
En jou blou-blou oë
Refrein
Tussen gesplinterde glas
Metaal soos konfetti gestrooi
Jy lyk vanaand so mooi
Ek voel hoe jy kouer word
En jy vryf oor my wang
Ek was lief vir jou
En ek sal nooit ooit
Kan vergeet van jou
Refrein
![]() |



