Die suidepunt
die suidepunt roep my, baby
die suidepunt roep my, baby
ek mis die oseaan
ek mis dit om langs die see te staan
hy roep my op my naam deur die wind
kom na my en vind jou innerkind
laat jou skadu jou volg deur die wind, baby
ek wens ek kon jou kry
ek wens jy kon op die golf se rug ry
tot hier by my
sodat ons heel aand vry, baby
daar waar die ooste en weste ontmoet
daar waar ons mekaar in ons drome moet groet
ver verby daai punt
tot hier by my
as die somer en winter handjies vashou
lente begin en ek is by jou
om saam met jou in tyd stil te staan
sodat hierdie gevoel nooit vergaan, baby
die suidepunt roep my, baby
die suidepunt roep my, baby
ek mis die oseaan
ek mis dit om langs die see te staan

