Geskryf vir: Straatligkinders
Skud, skud, skud daai heupe en dans met my vanaand
Vat, vat, vat my hand en sing van hoop
Ek het die keuse om te val of te veg
Jy bied my nog 'n kans, 'n nuwe oplossing
Die stilte skree jou naam
Ek is jou stilte, ek is jou stilte
Die stilte fluister jou naam
Ek fluister, ek sweer ek fluister
Twee, twee, twee soos een, jy’s 'n effense verslawing
Voel, voel, voel my hand 'n melodie vir 'n laaste dans
Klap jou hande vanaand, want daar’s kalmte in jou stem
Hoor hoe die stilte skree, dis net vir jou, net vir jou
Die stilte skree jou naam
Ek is jou stilte, ek is jou stilte
Die stilte fluister jou naam
Ek fluister, ek sweer ek fluister
Ek sal luister as die stilte skree
Ek sal dans op die golwe van jou stem
Ek sal luister as die stilte skree
Ek sal dans op die golwe van jou stem
Die stilte skree jou naam
Ek is jou stilte, ek is jou stilte
Die stilte fluister jou naam
Ek fluister, ek sweer ek fluister

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

