"Die stilte" deur Dadine Joubert

  • 0

Die stilte

Jy’s so stil het die stilte jou gesteel?
Ingesluk?
Verveel?

Jy’s so stil, het die donker jou kom haal?
My verwyder uit jou gedagtes
Dis nou totaal en al kaal

REFREIN:
Ek steek ? hand uit na jou
? Hand wat wil help
Lewe gee
en nie vertrap

Laat die stilte verdwyn
tussen ? gaarde van pyn
Laat die stilte verdwyn
hartseer het genoeg gekwyn

Jy’s so stil het die stilte jou gesteel?
Ingesluk?
Verveel?
Het die stilte jou kom haal?
Weggevat?
Jou gevoelens vertaal?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top