
Foto: Canva
Die sterwende lewe
My vriend se kat het ’n kankerken
by die huis lyk my bome siek
daar is trane in my vriend se oë
ek voel diep ontwrig
wat is dit met die substraat
ons het albei laat opgestaan
na ’n slapelose nag
sy kat eet die bloederige niertjies
en ek staar na my boom
ons sou saam wou sterf
vir hierdie laat liefde


Kommentaar
Hartseer