"Die stene in die kerkhof" deur GJ du Toit

  • 1

Die stene in die kerkhof

O, ek sing van die stene in die ou kerkhof
daar wes van Danielskuil
Party is wit en ander vol stof
maar die wenner sal jou laat huil

REFREIN:
Waar jy ook mag swerf
oor land of see of werf
Moet nooit probeer om jou poep in te hou nie
want daarom het ek gesterf

O, ek sing van die klipkuil wat die nood vertel
van boontjieboer Klaas Nel
Sy ganse oes het hy opgeëet
soos 'n bok het hy opgeswel

REFREIN

O, ek sing van die nederige boer Klaas Nel
skaam om 'n wind te laat
Dis net sy steen wat nog als vertel
wat nog op sy graf kan praat

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top