Die standbeeld

  • 0

Om te onthou
(asof ons ooit sou vergeet)
Het ons vir jou 'n standbeeld gebou.
Vir jare al sien ons jou nie raak
Die voëls het 'n plek om te rus
die dronkie 'n rots om teen te braak.
Ons kinders weet nie hoekom jy daar staan
(Ons het vergeet om hulle te vertel)
En nou, nou pink ons 'n traan.
Want iemand gooi 'n blik verf.
Dit spat tot op ons dun nerf.
Nou is jy nie meer vergete
(asof ons jou ooit sou onthou)
Ons het mos vir jou
'n Standbeeld gebou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top