Geskryf vir: Straatligkinders
Die wêreld span gemaklik om sy eie wentelbaan
Maar hier binne my klop my hart asof die wêreld wil vergaan
Somtyds is dit moeilik om te vergeet van al die geraas en my kop loop oor met gedagtes wat my haat
Mense smelt in met die stad se mure!
Dis nie 'n revolusie wat ons nodig nie
Ons moet ons self net weer probeer vind
Kinders dink hulle is groot, en grootmense wil kinders wees
Maar ons word gesê dat ons rebel teen die sisteem!
Ons word vertel hoe ons die toekoms moet uit leef!
Onthou nog die ou dae toe ons kinders was met drome en verassings wat vir die nuwe dag wag
Mense smelt in met die stad se mure!
Kinders bedel vir brood-geld en oumense sterf honger en alleen
Simpatie is al lankal vergete en om iemand lief te he is iets van die verlede
Dis nie 'n revolusie wat ons nodig nie
Ons dwaal net rond want niemand gee meer regtig om nie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

