"Die spieel se droom" deur David Jacobs

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vers 1:
Jou woorde lê soos soet as in my mond
Ek teister myself met gedagtes van lus
Korttermyn bevrediging stil die stemme
Dit los ook die hart se passie geblus

Refrein:
Keer op keer weerkaats my keuses
Terug na my op ’n vinnige droom
Keer op keer sluk ek terug aan die knop
Wat groter word binne my keel

Vers 2:
Gebroke en seer soek ek na woorde
Vertroosting in my moeders tong
Gebroke, en weer soek ek verlangend
Na die mens wie ek graag wil word

Brug:
My eie woorde is my grootste leuen
Stilweg dreig dit om my te verteer
Stadig maar seker drink ek uit die beker
Wat om my lewe rond beweeg

Refrein:
Maar keer op keer weerkaats my keuses
Vanuit die lewe se spieël
En stadig maar seker so deur die krake
Word die gesig aan die anderkant weer heel
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top