Lanklaas was daar so 'n moerse groot klomp duiwe in die kathok gegooi soos die agbare sportminister en sy agterryer gister gedoen het. My eerste emosie was wit woede, nieteenstaande die feit dat ek deesdae selde of ooit rugby kyk.
Ons wit volkie moet baie vinnig tot die besef kom ons is by verre die minderheid en al wat die huidige regime se bekke gaan stilhou is die "tjeks en balances" wat ons vir hulle elke maand betaal. Dit is verkiesingsjaar en hulle gaan aanjaag en gaan aan mense se emosies en moere pluk. Ek glo nie die knape besef regtig waarmee hulle besig is en wat die gevolge van hul besluite is nie. Wat my egter baie bekommerd stem is die venynigheid van die regime met sulke banale besluite. Hulle weet baie goed watter deel van die bevolking om "by te kom". Ons kan nou die ou afgesaagde teenargument probeer wat van die transformasie van sokker.
Ek luister na die gesprek vanoggend op die draadloos en slaan my hande saam oor die kommentaar van die agbare adjunk-minister. In twintig jaar het die Springbokke die wêreldbeker twee keer gewen en ek kan nie sien dat dit sommer weer in die volgende twintig jaar gaan gebeur nie. Hoe meer daar "transformasie" gaan plaasvind in rugby hoe verder gaan ons span op die ranglys afsak. Ek weet nog steeds nie wat transformasie beteken nie. Is dit net 'n mooi woord vir "op..k" Is dit nie sy regime wat skolesport afgestel het nie? Sjert het erken daar is nie die kapasiteit om skolesport wyd aan te bied nie. Dit slaan dan nou sommer deur na die dept van Onderwys toe ook.
Ek het al lankal gesê dat ons spelers in die buiteland moet gaan speel en soos die "Kavaliers" (All Black) span maak en elke vier jaar spelers bymekaar maak en onder 'n ander naam/vaandel of Springbok speel. Aangesien die Springbok nie meer deur die regime erken wil word nie, registreer dit, as dit nie reeds is nie, as 'n handelsmerk/besigheid en kry spelers wat op meriete gekies is om vir die span te speel. Registreer die besigheid in die buiteland (off shore) en kontrakteer die manne om aan die wêreldbeker deel te neem. Die probleem lê dan by die "old farts" van die Wêreldbeheerliggaam of hulle die span sal erken.
Ons kan weet hier kom nog ander skokke ook. Die einde is nog niet in sig. Oor die adjunk/agterryer wil ek my nie uitlaat nie. Hy het my tot stomgeit geslaan. Sies en skaam jou ouboet.
Reusedwerg

