Die son staan nader,
Dit gee die aarde.
Sonstrale,
Met soveel waarde.
Sonkrag word opgewek,
Wanneer die son.
Sy arms uitstrek.
Vrygewig gee hy, hitte weg.
Die sonneblom draai,
Sy gesiggie direk.
Na die son, wat getrou staan,
Op dieselfde plek.
Die mens ontvang,
Vanaf die son.
Groente, vrug, lig,
Ons lewensbron.
Als wat ons vra,
Gee die son.
Sonder om,
Daaroor te kla.


Kommentaar
n Ander sy van die son: Dit is ’n gemiddelde ster en ’n massiewe atoomversmeltingsreaktor wat waterstof in helium omskep en dis maar ’n goeie ding dat dit 150 miljoen km ver is.