Die son trek (sout)water
Op soek na die presiese akkoord
Om hierdie emosies mee te verwoord
Op soek na die perfekte dissonant
Om gedagtes te verwerk in klank
Moeilik om myself te vertrou
Emosies skommel rondom jou
Moeilik om vas te pen
Wie’t verloor, wie’t gewen
Want dit voel of ek stap die afgelope ruk
Langs ’n Blue Flag strand met ’n ruim uitsig
Maar my oë is net op die sand wat vorentoe stryk
Dat ek die beautiful view van die see miskyk
Op soek na vrede, op soek na rus
Deesdae al hoe meer ‘bewus’
Wens ek kon dit net vergeet
Wat ek weet, net nie weet
Want dit voel of ek stap die afgelope ruk
Langs ’n Blue Flag strand met ’n ruim uitsig
Maar my oë is net op die sand wat vorentoe stryk
Dat ek die beautiful view van die see miskyk
Die son trek (sout)water en laat ’n sout nasmaak.
![]() |