Die Skepping en berekening van tye

  • 20

Louis Rudolph verwoord vir ons min of meer die standpunt van die nuwe aarde kreasioniste in ’n kommentaar.

Eintlik verskil ons glad nie, as hy weer sorgvuldig lees wat ek geskrywe het, nie. Dan sal hy agterkom dat ek nie sê dat daar meer as ses skeppingsdae was, nie en ook dat Genesis 1:1 baie bepaald nié deel van daardie ses skeppingsdae, was, nie. Nuwe aarde kreasioniste maak die fout om Genesis 1:1 in te sluit by die eerste skeppingsdag – maar daardie interpretasie is strydig met die uitleg van die Woord, Wie in Openbaring 12 baie duidelik te kenne gee dat die aarde en hemelliggame bestaan het vóór skeppingsdag nommer een en vir die toestand van die aarde soos in Genesis 1:2 vermeld, verklaar en ook die scenario vestig vir die aanvang van die huidige skepping op aarde, waarmee Genesis 1:3-32 handel.

Dus, Genesis 1:1 maak gewoon ’n stelling, noem ’n kosmiese feit. Daardie feit is dat iewers in die verskiet het God die heelal (hemel en aarde), wat die aarde insluit, geskep. Genesis 1:2 is nou heeltemal tot die aarde self gelokaliseer en sluit direk aan by Openbaring 12:13-16, wat vir ons die reeds bestaande toestand van die aarde net voor die huidige skepping ’n aanvang geneem het, beskrywe. Wat die Woord vir ons openbaar uit Openbaring 12:13, is dus dat die aarde reeds toe al deur God geskep is (sluit weer direk by Genesis 1:1 aan) dat die satan en die demone reeds op aarde neergewerp was (wat weer ook direk aansluit by die HERE se Eie getuienis in Lukas 10:18) vóór die huidige skepping op aarde  leef en dít sluit weer direk aan by Genesis 2:17, waar die Woord duidelik enige kontak met die reeds aanwesige satan en sy demone (sluit weer direk aan by Openbaring 12:13) by wyse van die simboliek van die boom van kennis van goed en kwaad, verbied en natuurlik ook die feit van die eerste ontmoeting van die eerste vroumens (Eva) met enigiemand, juis met die reeds teenswoordige satan, is (Genesis 3:1-7). Dus, die eerste ‘bewoners’ van die aarde was dan juis die satan en sy demone, nog voor die huidige skepping in Genesis 1:3 e v ’n aanvang geneem, het.

Is dit nie wonderlik hoe die Woord Homself in die opgeskrewe formaat, die Bybel, aan ons openbaar, nie? Wonderlik om die simboliek van die tersaaklike getuienis te sien – hoe Genesis, die eerste boek wat handel met die begin van dinge aansluit by die laaste boek, aansluit by Openbaring, laaste boek en ook die  apokaliptiese uiteinde van alles - die Woord se sentrale Evangelie wat konsekwent soos ’n goue draad deur die opgeskrewe Woord gaan. Verstommend, want die Woord is oor die verloop van meer as 1,500 jaar deur talle verskillende mense opgeteken, baie waarvan mekaar nie geken het, nie, sonder die voordeel van sentrale en maklik toeganklike biblioteke  en elektroniese media om met mekaar of mekaar se werk te kon skakel, maar algar deur die Heilige Gees van God geïnspireer en vandaar die verbysterende konsekwensie en relevansie van die inhoud daarvan in die groter Evangelie – letterlik vanaf die eerste vers in Genesis tot die laaste vers in Openbaring.

Terug by Genesis 1:1. Ons het  nie die vaagste benul uit hierdie mededeling per se, hoe lank dit geneem het of hoe lang gelede dit was, nie. Waar die nuwe aarde kreasioniste waarskynlik verskil, is omtrent die duur van die skeppingsdae. Maar wat ek die Woord openbaar, is dat die eerste vier skeppingsdae van duur was wat nie ek of enigiemand vandag bloot met verwysing na die opgeskrewe Woord kan sê, nie, verál nie met verwysing na die geslagsregisters, nie. Daar is gewoon géén geslagsregisters wat ons hoegenaamd behulpsaam is ten aansien van die ses skeppingsdae, nie. Dat daar ’n verskil tussen die duur en aard van die eerste vier skeppingsdae was en die daaropvolgende twee skeppingsdae, word duidelik gemaak in die Woord waar die Woord aan die einde van die vierde, spesifiek aandui dat God tóé eers vir ons ’n dag ingestel het waarvolgens ons tyd en duur kan bereken en was die aanvang van die vyfde skeppingsdag, die eerste 24 uur dag. As dit reeds so was vooraf, sou die Woord dit nie spesifiek vermeld met verwysing na die 4de dag, nie. ’n Verdere aspek is dat God die aarde, son, maan en sterre vir ons só ingerig en geposisioneer het in verhouding tot mekaar, dat dit lig en donker maak (Genesis 1:16 – die Hebreeuse werkwoord “`asah /aw·saw” wat beteken inrig of voorberei). Meteorologies beteken dit dus dat God op dié skeppingsdag die aarde en die maan om hul eie as laat begin wentel het in hul wentelbaan met verhouding tot die son en die sterre teen die tempo soos ons dit min of meer vandag, ken sodat dit vir ons kan dien as dag en nag in die dagsiklus van spesifiek 24 uur. Aan die einde daarvan had ons,  ons eerste 24 uur dag, skeppingsdag 5.

Dan het, is daar ook met betrekking tot berekening, die probleem dat niemand met blote verwysing na die opgeskrewe Woord, werklik weet wat die antieke mense as duur van ’n jaar beskou het, nie. Die waarskynlikheid is dat die antieke mens sedert Adam tot by Noag, nie noodwendig die meteorologiese kundigheid had om ’n spesifieke kalender uit te werk nie en al het hulle, hoe lank was ’n jaar vir hulle? As hulle sou sê die of daardie is nou soveel en soveel jaar oud, wat het hulle presies daarmee bedoel? Al wat vasstaan, is die duur van een dag, naamlik 24 uur. Dít gee die Woord vir ons duidelik deur. Maar die Woord swyg geheel en al omtrent die metodiek vir berekening van jare en het dit duidelik aan die mens oorgelaat, waar die Woord duidelik te kenne gee dat God die dag-eenheid skep wat dan sou aangewend word om vaste tye, soos jare, mee te bereken (Genesis 1:14). Maar God het duidelik nié gesê hoeveel dae in só ’n jaar moes wees, nie en is tyd ingestel sodat die mens toekomstig dit vir sy eie nut kon bereken.

Nog ’n aspek wat baie duidelik uit die Woord blyk, is dat konsekwente, vaste tye vir seisoene eers ná die sondvloed deur God ingestel is, as deel van die Noagiaanse Verbond (Genesis 8:22) wat dus noodwendig daarop dui dat die voorafgaande tye baie wisselvallig en inkonsekwent, was.

Al hierdie duidelike duiders uit die Woord maak dit duidelik dat geeneen vandag met verwysing na wat in die Woord opgeteken, is, met enige duidelikheid kan aandui hoe lank ’n antieke vóór-Eksodus 12:2 Pentateuch-jaar was, nie. Vir die volk Israel is duisende jare na Adam eers net voor hul vertrek uit Egipte deur God ’n kalender ingestel, met spesifieke maande in daardie spesifiek kalenderjaar (deurdat God vir die eerste keer die eerste maand van hulle kalenderjaar vasgestel, het - Eksodus 12:2), wat dan ook noodwendig aandui dat tye en jare voor daardie Goddelike vasstelling, juis nié so bereken was, nie. Daarom gaan die rabbiniese berekening van antieke tye vóór die sondvloed, niks baat, nie. Voorts gaan herleiding van antieke tye na jaarberekeninge soos ons dit vandag ken, op grond van die Juliaanse kalender wat so onlangs as net meer is tweeduisend jaar gelde eers ingestel, is, hoegenaamd nie die knoop deurhaak nie. Soos Raed-na-Gael opmerk, is die eerste paar duisend jaar van die mens se bestaan op aarde wat sosiale en aanverwante strukture aanbetref, maar redelik duister wat detail aanbetref, veral detail betreffende berekening en duur van maande, kalenders, ens.

Daar was ook kulture waar die aantal maande in die jaar, verskil, het. Die werklikhede gaan vir enigiemand wat probeer om die Ou-Testamentiese jaarberekeninge te herlei na ons hedendaagse Juliaanse kalender, so ’n oefening verongeluk. Die volgende probleem daarmee, is dat ons geloofsvader, Abraham (Abram) uit ’n heel ander sosiale kultuur kom is die deursnee Israeliet van later jare (dit wil sê, die latere kultuur van die rabbi’s), naamlik dié van die Mesopotamiërs (of Kanaäniete, wat eintlik twee verskillende kalenders had, een vir religie en een vir landbou) en dat Moses, die outeur van die Pentateuch, in die Egiptiese kultuur sy opvoeding ontvang het, wat nou ook weer anders was as die Mesopotamiërs s’n. Die Israelse kultuur het eers later jare gevestig en dit is duidelik dat hulle op hul beurt, weer, ’n unieke kultuur en ook kalender, gevestig het. Daarom gaan verwysings na die rabbi’s nie vir ons in hierdie gesprek help, nie. Vandag nog is daar in verskillende kulture meer as 40 verskillende kalendersisteme in gebruik.

Laastens is daar géén aanduiding dat die genealogieë in die Ou Testament volledig is, nie, maar dit is bekend dat slegs die belangrikste persone genoem is, bloot om genealogiese verwantskap van uiteindelike rolspeler nasate aan te dui.

Dus, ek weerspreek of geen wyse hóégenaamd dit wat in die Woord opgeteken is, nie, maar ek wys slegs uit dat ons báie versigtig moet wees om met ons huidige sosiale en meteorologiese verwysingsraamwerk, die antieke gebruike en verwysingsisteem probeer interpreteer – dit is onmoontlik, want ons ken nie die detail nie aangesien dit nêrens geboekstaaf is, nie.

Ons as gelowiges moet ook maar besef dat die HERE nie in SY Woord al daardie detail voorsien het, nie. Wanneer HY aan sy profeet Woord verleen om op te teken dat Dit doen niks vir ons geloof of ons verhouding met God, nie. Die detail in die mate wat dit wél in die Woord voorsien word, is van belang in die Spirituele konteks van die Woord. Dit is ongelowiges, meer in besonder ateïste, wat sulke beuselagtighede wil gebruik om twispunte te skep in ’n poging om gelowiges van mekaar te probeer vervreem deur hulle te verdeel. Dit is nie vir my en vir jou nodig om te weet hoe lank die eerste paar skeppingsdae was, of hoe lank presies die antieke jaarberekeninge was, nie.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 20

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Baie dankie vir hierdie leerryke bydrae Kobus. Ek het veral ooreenstemming met jou daarin dat ateïste met hul beusel twis probeer skep tussen gelowiges. Ek voeg hierby veral ook godsdienstige fundamentaliste wat met hul drogma dieselfde doel poog te bereik.  Jou amigo in Adam, Cornelius.

  • Chris Dippenaar

    "He who begins by loving Christianity better than truth, will proceed by loving his own sect or church better than Christianity, and end in loving himself better than all."  -  Samuel Taylor Coleridge

  • “Maar julle, geliefdes, moet die dinge onthou wat die apostels van ons Here Jesus Christus voorheen reeds vir julle geleer het.  Hulle het gesê: “Daar sal in die laaste dae mense wees wie se lewe deur hul eie goddelose begeertes beheers word, en hulle sal met julle die spot dryf.” Hierdie mense bring verdeeldheid; hulle word deur hulle natuurlike drange beheers en nie deur die Gees van God nie. Julle, geliefdes moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee. Oor die wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtigheid ontferm; en verafsku selfs die klere wat deur hulle sondige luste besmet is.” – Judas, verse 17 tot 22.

  • Kobus – Ek merk op dat jy verwys na die ‘hedendaagse Juliaanse’ kalender. Vir jou inligting noem ek dit tog maar dat dié spesifieke kalender weens tekortkominge daarin al meer as 430 jaar gelede op 24 Februarie 1582  deur Pous Gregorius XIII, afgeskaf en vervang is met wat tans bekend staan as die Gregoriaanse kalender (Vanselfsprekend na hom vernoem). Daar word ook soms na die Gregoriaanse kalender verwys as die Westerse kalender.
    In Engeland is die aanpassing eers meer as 170 jaar later op 14 September 1752 gemaak. 
    Miskien is dit tyd dat Kabouterland ook maar oorskakel!
    Panda

  • Pieter Redelinghuys

    Chris,

    Watter briljante kowotasie kom jy mee voor die dag!  En hoe paslik.

    Dit sê letterlik alles. 

    Beste groete,

    Pieter Redelinghuys

  • Terwyl Kobus in verwondering staan oor die sogenaamde woord van god, staan ek weer in verwondering oor onse Kosie se vernuftige verdraaiing en vindingryke interpretasie van ou Midde-Oosterse geskrifte om by ’n vooraf ooreengekome storielyn aan te pas.

    Kobus is duidelik reeds in die finale fase van die aanhaling van Samuel Taylor Coleridge wat Chris so gepas vir ons hierbo plaas.

    Groetnis
    Thomas

  • Beste Cornelius,
    Ek verwys na jou hoogdrawende dwarsklap in die rigting van dié wat nie jou geloofsoortuiging deel nie en wat jy identifiseer as ateïste en ‘godsdienstige? fundamentaliste’ En jou – RETIREER en 180° OMKEER! – houding teenoor Kobus? Sou dit die duisendjarige vrederyk wees wat aangebreek het?  
    As jy ‘gebeusel’ i.p.v. ‘beusel’ geskryf het en/of ’n komma na beusel geplaas het, sou dit duidelik wees dat jy dit as werkwoord bedoel en nie as byvoeglike  naamwoord vir twis nie. Ek het dit aanvanklik  gelees as ‘beusel twis’ en eers met die tweede leesslag die werkwoord 'beusel' wat ek vermis het, opgespoor – jou wragtig! Dom van my nê!?
    Drogma’ is vir my ’n onbekende woord en volgens my woordeboekie bestaan daar glad nie so ’n woord in Afrikaans nie.
    Maar dit is veral jou sin: “Ek het veral ooreenstemming  met jou daarin. . .” wat my vir ’n ses geslaan het. Dit klink baie beter en is boonop eenvoudiger en daarom beter Afrikaans om te sê: “Ek stem veral saam met jou dat . . .”
    Wat Kobus se bydrae betref: Dit berus geheel en al op sy interpretasies en bespiegelings oor die betekenis en lengte van dae wat dan nou sou verskil op verskillende plekke in die Bybel en ’n slagskip sou met gemak daardeur kon vaar sonder om teen ’n enkele feit te skuur. Louis het sy mistasting reeds aan hom uitgewys.
    Ateïstiese groete
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Nee, Chris.

    Ware Christendom is juis getrou aan die Waarheid, want die HERE Jesus Christus, is juis die Spilpunt en Hoeksteen van die ware Christendom want HY is die Waarheid, die Weg en die Lewe (Johannes 14:6),  Mense wie dit glo, word deur julle as 'fundamentaliste' uitgekryt end an sê ek - Goddank vir 'fundamentaliste'.

    As julle dus vir my en ander mede gelowiges sê ons is fundamentaliste, is dit vir ons wonderlike getuienis want dit dui daarop dat die getuienis wat ons bevoorreg is om te kan lewer, kragtig en deurdringend is en die Waarheid is - want dit is juis die Waarheid wat julle ontstel en julle kan julself nie daarmee versoen nie en is dus die rede vir julle agnostisisme.

    Dankie, Cornelius, vir die oop gemoed en ondersteuning.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Beste Panda, baie dankie vir jou belangstelling en die moeite wat jy doen om my woernale te probeer verstaan. Ek moet erken dat jou analise daarvan my ook so amper in die war gebring het. Namaste! Cornelius.

  • Kobus de Klerk

    Ons het so ’n tyd gelede gesels oor die aggressie waarmee agnostici hulle territoriale gebied afbaken en mekaar nie die vryheid van denke daarbinne toelaat nie en hoe dit baie duidelik al te dikwels gedemonstreer word in die akademie.

    Maar ook so op plaaslike vlak. Kyk na Panda se aggressie teenoor Cornelius omdat Cornelius daarin kon slaag om sy vroeëre persoonlike antagonisme te kan oorkom deur vordering te maak en objektief te kan evalueer. Nou sien die agnostikus dit as gronde om Cornelius mee aan te val in ’n poging om hom terug te dwing in die kader van die agnostici, waar hulle sy uitlatings meedoënloos kan probeer kontroleer.

    Hulle gun vir Cornelius nie progressie van denke en groei nie, want hulleself is nie daartoe in staat  nie. Ons sien mos hoe hulle met sarsies beledigings en harde woorde mense behandel wat eers deel van hul kader was, soos byvoorbeeld Prof Sanford wat eers ’n gerekende onder hulle; was, maar toe hy tot bekering kom, steeds, met presies dieselfde kennis en bekwaamhede as tevore,  maar met meer insig (wat hom tot bekering laat kom, het) word hy nou openlik afgemaak as ’n kwaksalwer. Vra maar vir Angus oor hierdie tipe agnostiese venyn ...

    Of Cornelius die aanslag van agnostiese kant nou gaan kan weerstaan, sal dit tyd leer. Dit sal waarskynlik eers met heuningsmeerdery (Redelinghuys se spesialiteit gepaard gaan en dan, as dit nie werk nie en Cornelius swig nie daarvoor nie, sal die gruwelike aanval teen sy persoon kom. Ons sien dit reeds met Panda wat kinderagtig venynig hierbo op Cornelius toeslaan en hom takel van alle kante af, selfs oor sy unieke taalgebruik (waarom hom dit nie gun, nie), net soos ’n jaloerse minnaar wat sy 'ontroue' vriend' met listige venyn toetakel.

    Wat sal die agnostici nog omtrent hulself openbaar?

    Sal Cornelius die aanslag kan weerstaan?

    Kobus de Klerk

  • Panda: Ek hou eintlik van die woord "drogma." Ek dink dit is dalk soort van sinoniem met "bogma." 🙂

    Kobus: Jy praat so van agnostici asof hulle almal presies dieselfde ding is, en jy skets so vreeslike prentjie ek moet myself miskien dan maar liewer ’n ateïs noem. 🙂

  • CorneliusHenn

    Kobus, dis jou trant in die bydrae hierbo wat so kortstondig in verdraagsaamheid verander het. Kortstondig, want intussen het jou vernieling van die woord agnostici in jou kommentaar en ander bydraes weer van vooraf die oorhand. Ek is inderdaad bereid om enige bydrae met ’n oop gemoed te lees. Die neerhaling van ander in hul persoon en jou doelbewuste aggresiewe vernieling van taal stoot my af. In byna al jou bydraes haal jy ander se harte neer en verkrag jy die woord "agnost" doelbewus. Jy weet lankal reeds jy is verkeerd met jou betekenis aan die woord "agnostici". Daar is ’n wesenlike verskil tussen ’n agnost en ’n ateïs, maar jy ploeter voort daarmee. Neem dus kennis hiermee dat nie Panda of enige ander ooit jou soort anderhaat aanslag op die werf gevoer het nie. Ek dank Jesus Christus onse HERE dat ek jou nog kon staan ou Kobus. Jou amigo in Adam, Cornelius.

  • Kobus de Klerk

    Arme Cornelius kon toe, soo ste wagte, nie volhou nie. Sommer by die eerste struikelblok, die van Panda, die agnostikus, wat voor hom gelê is, struikel hy omdat hy nie die moed van sy oortuiging kan deursien nie, maar eerder in die ego gestreel gaan wees. Hy sal eerder  by die agnostici flikflooi, want hy weet hoe voorspelbaar hulle dan optree, om hom dan te besmeer met heuning, as wat hy die moed en durf het om hom te skaar by wat ek sê want hy weet, 'n heuningsmeerdery werk nie by my, nie. Die dat hy 'n verskoning soek om my te probeer takel, al is dit nou ten koste van 'n woordjie wat hom kwansuis laat 'toeklap'

     
    Dit is so jammer en pateties om te aanskou. Hoe 'toeklapbaar' is Cornelius nie,
     
    Kobus de Klerk.
  • CorneliusHenn

    Ja ou Kobus, jou besondere bydrae hierbo waarin jy jou waan onder meer omtrent agnoste weggelaat het  is toe inderdaad net 'n verskuilde en bose aanslag op my hoop dat jy sou besin.  Nie dat 'n haar van my sou val na jou hoogs onaangename riel in oorwinning daarop nie, ek kan maar net bid dat Jesus Christus onse HERE ons van jou besetenheid sal verlos. Ek vergewe jou nogmaals. Jou amigo in Adam, Cornelius.

  • Aag tog ou Kobus! —   Jou skynheilige besorgdheid oor my kwansuise gruwelike aanval op Cornelius se persoon en  my kinderagtige en venynige toetakeling van hom, is totaal oordrewe en blote geveinsdheid. Dit was glad nie so erg as die indruk wat jy met jou klomp oordadige byvoeglike naamwoorde en bywoorde probeer skep nie. Jou deurlopende minagting, belediging en kleinering van Cornelius, wat dikwels — trouens meestal — in die verlede die grense van onsmaaklikheid getoets het, is tog algemeen bekend en Cornelius het dit darem tot dusver goed oorleef en jou meermale met jou eie medisyne getroef. Jy is wragtig die heel laaste persoon wat vir my of enigiemand anders hieroor ’n preek daaroor kan kom afsteek!
    Hierdie onverwagse toegeneentheid het my maar net geamuseer en ek het natuurlik nou nie gehou van  sy opmerking  oor die kwansuise kwaadwillige bedoeling van o.a. ateïste wat nietighede aangryp om onenigheid te saai nie. As ek vir Cornelius verkeerd verstaan het, is ek jammer en vra opreg verskoning vir my opmerkings. Ek het nog steeds baie agting vir sy standpunte en bydraes, ten spyte van soos jy dit stel: ‘sy unieke styl’ en daarom  lees ek graag elke bydrae van hom en dit kan ek nou ongelukkig nie van joune sê nie. As ek sommige van jou dweperige opskrifte sien en vinnig na die lengte van die inhoud kyk, hou ek maar meestal verby na die kommentare onderaan, indien hoegenaamd.
    Ek is egter glad nie verras oor die stofwolk wat jy  oor so ’n nietigheid opskop nie. Dit is ’n ou truuk van sommige en in hierdie geval ’n baie deursigtige poging om die aandag af te lei van jou flater met jou uitlating oor die Juliaanse kalender wat dan volgens jou nog hedendaags in gebruik is. En om te dink dat iemand wat sy onkunde self so uitbasuin en nog in die era van die Juliaanse kalender rondploeter, probeer jou wrintiewaar om ’n sinvolle bydrae oor o.a. die berekening van tye te maak.
    Jy kan maar gerus Louis Rudolph se kommentaar onder die Bybelse Ouderdom van die Aarde op 29 Oktober nog ’n keer goed lees en ter harte neem i.p.v. om die inhoud van die Bybel op so ’n wyse te draai dat dit jou argumente en sg. spirituele insig pas.
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Brianvds

    Alle agnostici het een ding in gemeen - hulle ken God nie omdat hulle nie regtig wil, nie. Daarom is 'n ateïs sonder twyfel ook 'n agnostikus.

    Nou is die ateïs 'n agnostikus wat nie eens bereid in om 'n oop gemoed oor die bestaan van God te hê oor die saak, nie. Ander, soos jy, sê hulle het 'n oop gemoed, maar wanneer hulle in gesprekke betrokke raak, dan blyk dit dat hulle radikale agnostici - ateïste - is.

    Jou nuwe etiket wat jy dus vir jouself uitkies, die van ateïs, is dalk meer openlik.

    Dit is tragies.

    Kobus de Klerk

  • Brianvds: Na herbesinning gee ek toe dat jou uitleg van "drogma" nogal meriete het. 'n Taal groei mos en dalk kom die eer vir dié nuwe woord, Cornelius toe. Of is dit nie 'n nuwe woord nie, en einlik ek wat agtergeraak het? Terloops die meeste Ateïste was op 'n stadium Agnostici en die meeste Agnostici was op 'n stadium in hulle lewe Gelowiges. Dit word gewoonlik maar ongemaklik word op die draad. En dis nou maar die roete wanneer jou oë begin oopgaan. Af en toe draai die wiel ook agteruit soos in Paulus se geval.
    Beste groete
    Panda

  • CorneliusHenn

    Hahaha... Kobus,  

    Jy dwaal aan Brianvds met die volgende:  "Alle agnostici het een ding in gemeen - hulle ken God nie omdat hulle nie regtig wil, nie. Daarom is 'n ateïs sonder twyfel ook 'n agnostikus."  

    Nee hel man; dan is rooi mos blou - want albei is kleure?  

    Jou veronderstelling is absurd ou Kobus...  

    Jou amigo Amigo,  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Nee, Cornelius, dit is eerder ’n geval dat een rooi is en die ander blou, maar albei is onmiskenbaar kleure. Ek wonder of jy die verskil sal insien.

    Maar genoeg nou daarvan.

    Panda,

    Ek bedoel wat ek gesê het oor Cornelius – en tragies genoeg, het jou boelie taktiek gewerk, want Cornelius is nou maar net te slapjis om jou teen te staan ter wille van sy standpunt wat my ondersteun, het. So span  hy maar oor die jare heen sy siele na die wind. Dit is maar politiekery vir hom – hy voel natuurlik as hy julle 'steun' verbeur, staan hy alleen en sy ego laat hom dit nie toe, nie.

    Jy is reg oor die Gregoriaanse kalender in die sin dat dit meestal in siviele gebruik is wêreldwyd, maar jy is verkeerd as jy meen die Juliaanse kalender het alle relevansie verloor – dit word steeds in oorspronklik en in hersiene formaat gebruik in sommige kringe, veral religieuse kringe. Wêreldwyd is daar meer as 40 verskillende kalenders vir allerlei doeleindes in gebruik. Moet jy dus nie so kinderagtig grootdoenerig hou, nie.

    Maar dit is nie die kruks van die saak, nie.

    Ek het Louis Rudolph se skrywe baie goed verstaan – dit is die standpunt van jong aarde kreasioniste waarmee ek baie vertroud is – maar ek dink hy sal my skrywe baie beter verstaan as jou totale onbegrip daaroor. Dit gaan dus nie oor die Juliaanse kalender wat maar ’n spikkeltjie vorm in die groot geheel van tyd wat ter sprake is, nie, maar dit is eerder jy wat met jou kalender twis nou die aandag wil aflei. Dit werk nie.

    Wat kan jy sinvol sê om dit  wat ek voorhou in verband met die tye en die berekening daarvan, te weerlê? Klaarblyklik niks. Daarom die gekarring oor die Juliaanse kalender. Maar, ook nou genoeg daarvan, want jy dwaal van die besprekingspunt af. (interessant, behalwe om die gesprek te probeer ontspoor, kon jy geen bydrae lewer nie – so kenmerkend agnosties – daarom dat Cornelius julle heuningkwas so na waarde ag – hy is ook so.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus, my ondersteuning aan jou hierbo is in my respek aan enige ander se standpunt ongeag of ek daarmee saamstem of  nie, solank jy algemene betekenis aan die betekenis van woorde en ander se oortuiginge en belewenis respekteer. In ’n seldsame oomblik hierbo voldoen jou bydrae wel in ’n buitengewone mate aan hierdie eenvoudige kriteria. Ongelukkig in jou eerste woernale onder selfde bydrae gaan jy jouself weereens te buite en verkrag soos altyd die betekenis aan die woord agnost en bedoel terselfdertyd belediging aan ’n ander daarmee. Vandaar my teleurstelling in jou "slaptjips" om te kan volhou met gewoon respek vir taal en ander se harte. Dus Kobus, jou fineer is werklik dun en jou opgewondenheid dat ek jou om enige ander rede sou wou aanmoedig, ydel. Dink gerus hieraan en besin as jy weer jou eie bydrae hierbo sonder jou gewone infernale spirituele intelligensie teenoor "agnostici", lees. Ek vergewe jou, nogmaals. Jou amigo in Adam, Cornelius.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top