Die Sê is dood en niemand skuld enigiemand iets nie

  • 0

SegNet is inderdaad dood (moet nog net omval en stink), maar die redes wat "koos sas" verskaf vir sy besluit om te verkas, laat my koud.

Die man sug diep oor die kwansuise gebrek aan kwaliteit by Wouter en Johannes, maar maak terselfdertyd die duiselingwekkende bewering dat daar niks met Fransie Willemse se ydele herhaling van woorde, of met Hans Richardt se geradbraakte plaksels skort nie. (Huh, wat praat die man nou van?!)

Punt is: SegNet se redaksie is net so min onder ‘n verpligting om van hul apatiese houding afstand te doen, as wat ons is om briewe hier te plaas. En as die saak jou dwars in die krop steek, gaan blog of begin jou eie kletswerf – spaar ons tog net jou poeierkwas-treurmares.

Oom Daan

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top