Hello Gilgamesh,
Baie dankie vir die reaksie van jou kant af. Jou verwysings na Oprah, Dr Phil en Deepak Chopra herinner my weer aan die probleme wat ek met spiritualiteit het en dan is daar volkome begrip vir die beskuldigings van onkunde, onkritiese en lui denke wat jy teen dit opper.
Deepak Chopra het ek al in aksie gesien en daar is net een slotsom, Deepak Chopra is van “lalaland” terwyl Oprah hierdie deelnemer al jare terug verloor het nog voor sy met “The Secret” begin het en daarmee die finale spyker in die kis geslaan het van ‘n onrealiteit wat nie kan hanteer kan word nie.
Dr Phil, een of twee episodes gesien en nooit weer nie en niks van Dr Oz nie.
Daardie “droom logika” is net een te veel.
Dit is in die konteks wat daar volkome begrip is vir die opmerking dat die poging om ‘n definisie vir spiritualiteit gelykstaande daaraan is om die oggendmis met ‘n skopgraaf te probeer opskep.
Dit is die een kant van die munt, maar daar is sonder enige twyfel ‘n ryk tradisie van spiritualiteit in Godsdiens en dit is die aspek wat my aangaan en waarop my aandag gefokus was.
Die veld van spiritualiteit is daarvoor ‘n komplekse veld van studie wat bestaan uit ‘n kombinasie van persoonlike, praktiese en teoretiese uitdrukkings daarvan.
In hierdie geval sal my twis glad nie met Kobus wees nie en sal dit wat hy wil deel en aanbied hier oor die onderwerp aanvaar word as ‘n uitdrukking daarvan onder die persoonlike en sal dit as sodanig aanvaar word en nie uit die hand verwerp word.
Wat weet hierdie deelnemer van spiritualiteit om dit te oordeel en dit wat Kobus aanbied in konteks te plaas.
Dit is dalk die uitdaging wat aan die ateïs gestel word, naamlik die uitdaging om ‘n begrip vir die idee van spiritualiteit te ontwikkel.
Die negatiewe aspekte aangespreek as deel van die kritiek teen spiritualiteit is dus aangespreek en word geen mening gelug deur my of dit geldig of ongeldig is nie. Die vraag wat uit my brief na vore gekom het hoe sal die ateïs spiritualiteit ondersoek. Ek het die “Blackwell Companion to Christian Spirituality” aangeskaf vir hierdie rede en hoop om in meer detail die besprekings daarin te ondersoek.
Dit word aanvaar dat dit nie verpligtend is nie om hierdie rigting te aanvaar nie en by die skeidslyne te bly en mekaar uit die loopgrawe te skel.
Indien aanvaarbaar wil ek aanhaal uit ‘n opstel wat Jürgen Habermas bespreek en die rigting wat Habermas ingeslaan het:
Against the intolerance of a secularism that is dogmatically certain of its independence from religion, and against the intolerance of a religiosity that is no less certain that it retains exclusive ownership rights on human morality, Habermas prudently—but on theoretically defensible grounds—refuses to take sides. As a philosophical modernist who remains open to unwritten possibilities, he believes that the process of translation will continue at least for the foreseeable future, and that the future alone will decide.
Ek weet daar word van my ook verlang om uiteindelik kant te kies wat ironies is aangesien ek ook teen Godsdiens argumenteer het in die verlede en dit uiteindelik agtergelaat het.
Hoekom so kan ek jou nie presies vertel nie, dalk omrede die argument vir Godsdiens as ‘n waarheid vir my aanvaarbaar is en die uitlewing daarvan gevolg kan word as redelik.
Verskoning vir die gebrek aan konflik. :>)
Mooi bly aan jou ook.
Baie dankie
Wouter

