daar sit jy met jou dik gat
wat alweer vanoggend
“vyf kilometer op die treadmill”
gewaggel het
jou tuinkabouter-postuur, koddig voor jou pc
jy rook elegant, vingers mooi reguit
maar jou bek vou soos ’n honger venus flytrap
tot by die wangbene
die oogbanke
ken
om die smeulende prooi
agter jou mol-ogies
gloei jou haat vir my
ek weet hoe jy elke woord
elke sin
gaan (ont)vorm tot jou (v)oordeel
jou gemaakt engelse kroonblare
jou knoppie-illiterate vingerdorings
jou sad ou tweegesig stam
jou suur bliksemse oksel
ruk ek vandag uit my tuin

