Interessant dat beskawing vanaf die Mediterreense gebied noord versprei het en nie suidwaarts was nie ...
http://www.livius.org/articles/place/germania-inferior/germania-inferior-7/
Interessant dat beskawing vanaf die Mediterreense gebied noord versprei het en nie suidwaarts was nie ...
http://www.livius.org/articles/place/germania-inferior/germania-inferior-7/
Kommentaar
Ek dink dit is waar die gesegde vandaan kom wanneer iets 'n boggerop is, "it turned south".
Reusedwerg, waarom het die Romeine nie in Afrika ingevaar nie?
Daar moes goeie rede gewees het waarom hul nie verder as hedendaagse Sudan suid gewaag het nie.
Dalk het "hulle" in die suide nie die soort "beskawing" van die Romeine nodig gehad nie?
Dat die Romeinse beskawing noord eerder as suid versprei het is verstaanbaar. In die noorde was die Germaanse barbare net "oorkant die riviere" (Ryn en Donou). Weens die aard van die land (https://www.quora.com/Why-did-Germanic-peoples-not-develop-a-complex-civilization-until-they-learned-it-from-the-Romans) word gemeen die Germaanse barbare kon nie 'n hoër beskawingspeil bereik nie. In die suide (dis nou suid van die kusstreke van Noord-Afrika) was die enorme Sahara en in suid Soedan nog die woude en moerasse.
Daar moet ook in gedagte gehou word dat die Romeine eintlik onwillige imperialiste was. Grotendeels na die Kartaagse oorloë het die Roenie - weens leemtes gelaat deur die Kartaagse verval - snel uitgebrei. In Noord-Afrika wad die Egiptiese/Griekse/Kartaagse beskawing reeds gevestig. Dink aan SA waar die Britse nalatenskap steeds met ons is.
'n Skrywer meen die leërmagte in die suide was te sterk vir die Romeine https://www.quora.com/Why-did-the-Greek-Byzantines-Ottomans-and-Romans-never-move-deeper-into-Africa.
"Zhi" val heeltemal bus mis,"hul" was verwysing na Romeine. Moenie jou obsessie myne maak nie ...
Kom ek leer jou 'n taalles. Die taalkonstruksie van Latyn en Duits en "tenses" is presies dieselfde. Wat is die ooreenkoms tussen "Khoisan" en Latyn?