"Die rede vir my" deur Dewald Botha

  • 0

Die rede vir my

Ek moes haar al gesê het
maar ek’t altyd 'n verskoning
En dit wat jy die graagste
wil hê sal jy altyd kan regverdig
Is die lewe nie regverdig
is die liefde nie?

Ek koester my gedagtes van gister by die dam
Daar is iemand wat gekom het
Daar is iemand wat soos 'n dief
onverwags 'n deel van my hart kom steel het
En nou soek ek 'n deel terug
want twee halwes kan dalk
kan dalk net 'n hele een maak

REFREIN:
Kyk net daar
Ek hardloop reeds sirkels rondom haar
En sy weet dit nie maar
die rede hoekom ek sukkel om asem te haal
is eintlik sy
Sy is eintlik die rede vir my (x2)

Die tyd raak nou min
Ek weet hoe ek voel oor haar
Ek is nie ? ryk man se seun nie
maar ek weet wat sy verdien
en dit is net wat ek kan bedien
Ek sukkel soms met woorde
maar alles wat sy moet weet
skryf ek vir haar in die koor

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top