"Die pyn bekruip my" deur Juanita du Toit

  • 0

Die pyn bekruip my

die pyn bekruip my innie donker vannie nag
en ek wonder wat vir my innie toekoms wag
en ek wonder oor die toekoms van my siel
en ek wonder of die hede my lewe gaan verniel

die alleenheid bekruip my innie koue vannie nag
en ek wonder of jy nog iewers langs die see vir my wag
en ek wonder wat gee jou krag,
wat gee jou krag dag tot dag

die memories tref my innie alleenheid vannie nag
en ek wonder oor die besluite van gister en vandag
en ek wonder of jou hart nog na my soek
om elke draai en elke hoek
want baby, my hart verlang na jou …
om my vas te hou ...

die pyn bekruip my innie donker vannie nag
en ek wonder wat vir my innie toekoms wag
en ek wonder oor die toekoms van my siel
en ek wonder of die hede my lewe gaan verniel

 \

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top