Die prys van brood

  • 0

Uit die aard van my besigheid moet ek letterlik elke dag kopstamp met een of ander verskaffer. Want deesdae is dit asof 'n "free-for-all"-houding onder die groot besighede posgevat het. Die laaste strooi was SASKO se "briefie" vanoggend dat die prys van 'n standaard goewermentsbrood met minimum 80 sent (jip) per brood verhoog word van Maandag 1 Oktober 2012 af.

Ek laat kom die areabestuurder want ek het 'n paar vrae, want hulle syfers maak bloot net nie meer sin nie. Ek bied hom 'n koppie koffie aan en hy beduie dat hy 'n Tomato Cocktail sal waardeer. Want "dit was 'n harde nag laasnag". Ek vra hom oor die prys van die brood volgende week en hy trek skouers op en praat in sirkels oor vervoerkostes en onderhoud en die meelprys en koring se prys is deur die dak. Beduie hy.

Ek vra hom wat die oonde hom kos per dag of week of maand of jaar. Hy weet nie, maar hy sê dit kos moer baie. Ek vra hom wat die arbeid hom kos en hy beduie dat ek nie hulle salarisrekening elke maand wil sien nie. Ek vra hom oor die magiese "vervoerkostes", petrol, onderhoud en die gewone en hy sê dat hy geen idee het nie. Ek vra oor die prys van koring en hy sê ja, genadiglik is die prys darem 'n bietjie goedkoper per ton nou as 'n maand gelede en toe ek hom vra of ek hom maar mag aanhaal toe beduie hy vir my dat hy eintlik regtig sy werk waardeer en dat daar nie ander werk is nie, veral nie nou nie.

Ek het presies dieselfde situasie beleef met die bestuurders van Ola, Simba en verskeie ander maatskappye.

Punt is, en hierop het al die "areabestuurders" aangedui dat ek nie moet beduie dat hulle eintlik met my saamstem nie, JY betaal vir hierdie maatskappye se kostes. SASKO se oonde word aangekoop en hulle mag dit wettiglik oor 'n tydperk afskryf aan waardevermindering. Hulle haal wel die kapitaal uit maar hulle kry dit tog terug oor 'n tydperk van drie of vier jaar. Hulle afleweringsvoertuie, verpakking, arbeid, onderhoud op voertuie, etc etc etc is 'n direkte, wettige belastingaftrekbare uitgawe. Jy wat hier lees betaal dus daarvoor, in rand en sent. O, en betaal in elk geval sonder om 'n klip op te tel die verhoogde tarief.

Ek sit al lankal en wonder oor die brandstofpryse en die styging in pryse direk na so 'n verhoging. Ek, as primêre verskaffer het nie nodig om my produkprys te verhoog nie en het dit inderdaad op die produkte wat ek primêr lewer die laaste vier jaar nog nie gedoen nie. Bloot omdat my brandstofrekening, en wel, enige ander rekening, noudat ek met my ouditeur lank gesels het bloot om seker te maak, deur die deursnee belastingbetaler verhef word omdat dit 'n direkte en wettige uitgawe op my aanslag is.

A fool and his money are easily parted with, het iemand baie jare terug gesê.

Ek het nooit in my wildste drome gedink daar loop soveel slim geleerde fools tussen ons rond nie.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top