Die probleem met handewas

  • 5

Foto: Pixabay.com

Ek het ’n probleem met die handewasstorie: Jy maak die kraan oop met jou “besmette” hande, was die hande en maak besette kraan weer toe met jou hande, veral by kinders.

Kan ’n mens jou hande afspoel in ’n bak met water? Moontlik met ontsmetmiddel daarin, nadat jy hande gewas het in plaas van onder lopende water wat baie watervermorsing veroorsaak as die kraan vir 30-40 sekondes moet loop.

  • 5

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Die hele gesondheidleer uit 1965 curriculum van Graad 1, werk nie, maar ons doen so voort.
    Dis ook juis my vraag altyd, hoekom moet man handewas na hy gepie het en nie voor die tyd nie? Hopelik pie hy mos nie op sy hande nie, maar hy vat met vuil hande aan sagte dele...
    Dieselfde storie oor rook en Covid-19 virus. Die regering gee nie getalle van hoeveel rokers geïnfekteerd is of gesterf het van Corona-virus infeksie nie, tog is tabak verbode. Hierdie is niks anders as sosiale ingeneurswese nie...

  • Yvonne,
    Aangesien sê-bystand skaars blyk te wees, hiermee my beskeie inset.
    Roetine: Leer die kinders dit en sorg dat hulle daaby hou – hulle sal dan ook makliker vaar by die skool. Dit sal natuurlik tot bekgevegte lei, maar sit jou voet neer.
    Hou by elke buitedeur van die huis ’n spuitbotteltjie (van die soort by die winkel ingange) altyd gereed. Sodra hulle inkom moet hulle spuit, elke slag.
    Ons het ’n gewone ontsmettingsmiddel geskik vir menslike gebruik, geneem en brandspiritus bygevoeg net genoeg sodat dit nie enige nadele kan inhou nie en dit die botteltjies geplaas. Jy kom nie eers agter dit bevat spiritus nie.
    Ons het ook vloeibare seep (“liquid soap”) geneem en dit met die helfte Dettol (dettol.co.uk) gemeng, dit ’n spuitbottel (bv. daardie groen bottel waarin jy die organics shampoo en conditioner koop) geplaas. Dit werk reg, net soos jy die shampoo of conditioner uitpomp.
    Dis nie nodig dat jy die kraan oopdraai en dan was nie, jy kan die Dettol-seep op jou hande spuit, behoorlik was en dan slegs die kraan gebruik om dit af te spoel. Jy kan dit in die badkamer èn kombuis hou waar dit byderhand is en nie moeite is om te kry nie.
    Die kinders hier is so gewoond aan die roetine dat hulle dit al onbewustelik doen. Prent dit by hulle in, die COVID-19 is langbome potensiaal, vir almal. Nou met die afskaling na vlakke mag dit by baie die idee wek dat die gevaar daaraan verby is – dis ver daarvandaan – totdat ’n behoorlike vaksien daarteen verkry is – bly dit dodelik.
    Mooi loop en gesond wees.

  • Yvonne en verder:
    Dis belangrik dat daarop gefokus moet word om die virus “buite die huis te hou”. Hou ’n botteltjie van jou ontsmettingsmiddel in jou handsak, in die kar en spuit gereeld en elke wanneer jy in die kar kom. Voorkoming is die sleutel. In die winkel – skeur ’n ontsmettingservet by die deur af en hou dit by jou, spuit ook aan die onderkant van die waentjie se handvatsel en asook op die servet en vee daarmee elke item af wat jy aankoop. Onthou die assistente/werkers wat die rakke pak kan ook die virus oordra. Vee dit weer by die huis af voordat jy dit bêre (hulle vat daaraan by die till). Die spuitmiddel sonder die seepskuim hoef nie elke keer afgewas te word nie – jy vee dit tog nie af wanneer die wag by die deur jou hande ontsmet nie – en onthou – wanneer buite – hou die masker aan! En onthou ook – voordat jy jou huis betree – bespuit jou skoene – belaglik? Nee, hoekom bespuit hulle die strate?
    Mooi loop.
    (Ekself is deur ’n matige strestydperk, op 8 Mei het hulle ’n werker langs my in die supermark huistoe gestuur met “You shouldn’t be here, it is your rest day” en 2 dae later stuur hulle ’n SMS en sê die plek is gesluit weens COVID -19)

  • Ek staan beslis nie onverkillig oor die virus nie. Ek weet net dat mense dood gaan daarvan, net soos griep, malaria, diabetes en hartaanvalle. Die wagwoorde hier is “leef skoon” en tree voorkomend op. Wat anders moet ons doen wat nuut is? Masker dra en buite spoegafstand staan en skree vir mekaar. Ek glo solank niemand op jou hoes, proes, poep en nies nie, gaan jy moontlik nie die kiem kry nie. Om in totale steriele omstandighede te leef gaan jou liggaam nie in aanraking kom met goeie kieme en virusse nie en sodoende jou immunstelsel totaal en al lamlê. Verlede jaar is daar ingeveer tienduisend siele van griep-relevante oorsake in die land oorlede.

  • R-d,
    Binne die eerste jaar of wat het jou liggaam al wat van goeie virus is opgetel en verwerk en hou hy die mees slegstes uit, anders sou jy nie vandag hier kon skryf nie. Die prioriteit is om hierdie een (COVID-19) ook uit te hou. As jy dink die nederige riglyne hierbo lei tot ’n steriele (COVID-19 vrye) omgewing, dan is dit goed so. Die meeste mense sonder onderliggende mortaliteite herstel geredelik van ’n griepinfeksie, maar met hierdie een gaan dit maar ballasdruk om van ontslae te raak – dis die verskil, so, hou hom uit – dit is hoogs aansteeklik.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top