“Die perde wag” deur Gerhard Uys

  • 0

Die perde wag

 

Verkoop vir my iets goedkoops
Of ’n loose-draw sigaret
Elke oggend as jy opstaan
Iemand anders in jou bed

Bel net hierdie nommer
Vir twintigduisend rand
’n Maand
Extra cash

’n Vinnige pie in die microwave
Elke aand
’n Joint
Vir jou
Night cap

Die petrolprys het weer gestyg
Maar die neon-sign flikker
Goedkoop goedkoop

Elke oggend se Pronutro en beskuit
Deur hardwerkende ouers
Se bloed
Gekoop

So smeer die lam
Se bloed
Teen julle deure
Dat die doodsengel verbyvlieg

Elke pastoor praat die waarheid
Maar daai selfde mond
Kan ook lieg

Ons soek die betekenis
In monde en hande
En lieste en lywe

Ons klop aan oop deure
Dis joune dis myne

Die waarheid verdraai ons
En draai dan sommer ook die leuens
Die antwoord is swart op wit
Maar ons het dit almal vergeet


 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top