Beste Kobus
Dit spyt my as my briefie oor die paracingulate sulkus jou slapelose nagte besorg het. Ek sien jy het darem twee webwerfies daaroor nagelees. Nog steeds is jy na al jou “navorsing” op google, die kluts kwyt, ook wat my brief betref. Volgens die opskrif van jou brief beskou jy die voorkoms van die PCS as ? “verbeeldingstorie” en verder as ? “kluitjie” en jou geliefkoosde “snert”, maar dan gee jy twee google-skakels wat die bestaan daarvan “bewys”.
Jy mag miskien deur jou “navorsing” op google dink dat die PCS-vou ? normale verskynsel is, maar ek kan jou verseker dit is nie. Ek kan aan jou plate van MRI- en CAT-skanderings van die brein stuur wat bewys dat dit by sommige mense nie bestaan nie, maar jy sal dit ook afmaak as snert omdat jy dit nie sal kan lees nie, en omdat dit nie mooi google byskriffies het om dit te verstaan nie.
Gaan google maar die ongeveer 40,000 webwerwe daaroor en jy sal ook agterkom dat hierdie vou soms linksom en soms regsom in die brein lê. Net so ? ligte waarskuwing: google-lees is nie navorsing nie. Niks neem die plek in van maar liewer die witjas aantrek en die werk self doen nie. Net omdat jy so ? paar googeltjies deurgewerk het, maak jou nog nie ? meester op die gebied nie.
Dit is waar dat mense sonder die PCS-vou ook kan onderskei tussen verbeelding en werklikheid, maar terugskouend raak hulle dikwels verward. Die persoon kan bv. nie onthou of hy sy huis gesluit het, en die alarm aangeskakel het nie. Hy weet hy het dit gedoen, maar was dit net in sy verbeelding?
In ? erger graad kry ons die Don Quijote-sindroom. Die windmeulens het werklik die voorkoms van vyandige reuse. Hy lewe in die eeu van die conquistadores en as gelowige moet hy hulle platloop. Sy denkbeeldige Dulcinea del Toboso is vir hom die mooiste vrou in die hele wêreld.
In ander gevalle kan die persoon die stem van God hoor wat hom beveel om sy kind keelaf te sny, of hy sien ? wit lig en die gedaante van Jesus wat hom vermaan om hom te bekeer. Hallusinasies laat hom die gedaantes van reeds afgestorwenes sien. Spirituele ondervindings kan ook hieronder geklassifiseer word.
Groete
Angus

