Die outeur en betroubaarheid van die Evangelie van Lukas

  • 16

Ongelowiges maak baie gewag van die onbekende outeurskap van die belangrike boeke in die Woord. 

Chris Dippenaar, byvoorbeeld, maak onlangs in 'n kommentaar die opmerking dat die skrywer van Lukas kwansuis erken word as 'n anonieme werk deur die oorgrote meerderheid van 'kundiges'.  Natuurlik kan hy hierdie stelling nie bewys of gestand doen nie, en die 'kundiges' waarvan hy praat, is nie kundiges nie, maar agnostici met 'n vooropgestelde agenda om die Woord te diskrediteer vir die ooglopende rede dat, as hulle dit nie doen nie, dan moet hulle dit aanvaar as korrek en waar en dit sal hulle agnostiese beskouing geheel en al verongeluk – dit is hulle nie bereid om te doen nie. Diesulkes is beslis ook nie in die meerderheid nie.

Die werklike oorgrote meerderheid en gesaghebbende outoriteite is mense wat hulle lewe lank besig hou met die Woord en uit hulle pen het talle studiebybels en soortgelyk al die lig gesien.

Kom ons haal, byvoorbeeld, die uiters gesaghebbende en bekende studiebybel, die King James Version Study Bible aan, oor die outeurskap van die evangelie van Lukas:

“Ancient testimony is unanimous that Luke (“the beloved physician,” Col. 4:14) penned the third Gospel. Modern scholarship has rightly drawn attention to Luke as the companion volume to Acts; the two works were certainly written by the same author. Together they make up over half of the New Testament, so by sheer volume of output alone Luke takes on special significance.

"Some modern interpreters discount Luke’s authorship, but they fall short of proposing a convincing alternative to the ancient witnesses. These scholars feel that Luke’s outlook is so different from Paul’s that no companion of Paul ... could have written Luke-Acts. Such arguments are by no means convincing. The reader of the New Testament is not compelled to choose between Luke and Paul. Differences in outlook may as easily count in favor of Luke’s authorship as against. While Luke was not himself an eyewitness of the gospel events, he had access to writings about, and eyewitnesses to, them. He had sifted sources carefully. Many feel that he must have made use of Mark’s gospel. Some have accordingly stressed his contribution as a historian, a discoverer and preserver of facts. Others see in him primarily a theologian, an expositor of the meaning of facts. He is really both. He presents both the meaning of the gospel saga and its factual ground. He produces what is, by the reckoning of many, the gospel most attractive in style and poignant in message that we possess. 

"Luke implies that he wrote his gospel prior to writing Acts (Acts 1:1). Acts ends with Paul in prison, about A.D. 62. A number of scholars of various persuasions thus agree on a date near A.D. 60–62 for the writing of Luke. Those who date it much later (c. A.D. 80–90, or even in the second century) do so for reasons that fail to overturn the likelihood of an earlier date.”

Die welbekende en gesaghebbende moderne Spirit Filled Life Study Bible se outeurs stem hiermee saam en sê kortliks die volgende:

“Both style and language offer convincing evidence that the same person wrote Luke and Acts. “The former account” of Acts 1:1 then is likely a reference to the third Gospel as the first of a two-volume series, and the fact that the writer dedicates both books to Theophilus also strongly argues for common authorship. Since church tradition unanimously attributes these two works to Luke the physician, a close associate of Paul (Col. 4:14; Philem. 24; 2 Tim. 4:11), and since the internal evidence supports this view, there is no reason to dispute the Lukan authorship.”

Die moderne en gesaghebbende Believer's Study Bible se outeurs is dit ook eens, dat Lukas sy eie Evangelie gepen het. Hulle sê:

“The book is anonymous, though the uniform belief of ancient writers is that the author is Luke, the physician whom Paul mentions as his companion and colleague. Irenaeus, Clement of Alexandria, Tertullian, Origen, Eusebius, and Jerome all support Lucan authorship. The second-century Muratorian Canon, which lists the books that are received as Scripture in Rome, declares Luke the physician to be the author of both the third Gospel and Acts. The Anti-Marcionite Prologue, an introduction to Luke found in a number of Latin manuscripts, ascribes the book to the physician and companion of Paul and supplies this additional information, which is open to question: he was a native of Antioch, he wrote his Gospel in Achaia, and he died unmarried and childless in Boeotia at the age of eighty-four.

"From his writings (Luke and Acts) the author appears to be a second-generation Christian who is closely associated with eyewitnesses of the beginning of Christianity. From the “we” passages in Acts, it appears that he is a missionary associate of Paul’s. His education is considerable; he writes excellent Greek, both classical and biblical, and demonstrates a literary ability that approaches a poetic quality at times. The question of whether Luke was a Jew or a Gentile must remain open. Traditionally he has been viewed as a Gentile, though it is never so stated in Scripture. One of the major reasons for this is that Luke writes a form of Greek superior to that of most of the New Testament. However, his Greek shows Semitic influence as well (e.g., in 1:5–2:52). He takes a great interest in the city of Jerusalem and the temple, with more references to each than any other gospel writer. In some ways Luke’s Gospel is more Jewish than Matthew’s, though this fact alone does not prove he was Jewish.

"Biblical evidence points to A.D. 58–63 as the likely time of writing. Luke was written earlier than Acts, its companion volume. The last chapter of Acts recounts events that are c. A.D. 63, and probably concludes as it does because events are contemporary. Perhaps Luke began his first volume at Caesarea and finished it in Rome, having accompanied Paul the prisoner. A date of A.D. 59–61 is most probable.”

Die bekende Afrikaanse studiebybel, Die Bybel Verklaar, se outeurs stem ook saam en sê die volgende:

“By die kerkvaders Irenaeus (sterfjaar 202), Klemens van Aleksandrië, Origenes en Tertullianus was daar egter geen twyfel nie. Volgens hulle was dit Lukas, die geneesheer en metgesel van Paulus, wat die Evangelie geskryf het. In Filemon vers 24 noem Paulus hom sy medewerker en in Kolossense 4:14 “die dokter wat ek baie lief het”. Uit Lukas se woordgebruik in die Evangelie kan ons ook aflei dat hy waarskynlik ’n geneesheer was. Vergelyk ons nou Lukas 1:1–4 met Handelinge 1:1, kom ons tot die gevolgtrekking dat Handelinge die tweede boek van dieselfde skrywer moet wees. Die taal en styl van die twee boeke is ook van dieselfde skrywer. In Handelinge vind ons gedeeltes waarin die skrywer die eerste persoon meervoud “ons” gebruik, om daarmee aan te dui dat hy ten tyde van die betrokke gebeure saam met Paulus was. As ons nou die medewerkers van Paulus uitskakel wat nie by al die gebeure wat in hierdie gedeeltes beskrywe word teenwoordig kon wees nie, bly net Lukas oor wat die  “ons” gebruik om hom op beskeie wyse as skrywer aan te dui. As hy die skrywer van Handelinge was, was hy dit ook van Lukas.”

Daar is nog talle meer sulke bronne van welbekende en gerekende outoriteite van die studie van die Woord en die boekstawing daarvan. Net hierdie vier bronne alleen, verteenwoordig gesamentlik heelwat meer as 'n honderd verskillende internasionaal gerekende outeurs en kundiges wat hulself met die inhoud van hierdie werke vereenselwig.

Trouens, in Lukas 1:2 maak Lukas dit duidelik dat hy steun op ooggetuie-verklarings. Hoe desperaat  is die agnostici nie om hierdie belangrike aspek te probeer weerlê nie.

Vreemd dat die agnostici nog steeds desperaat en verbete probeer om dit te weerspreek. Chris Dippenaar se onverskillige en wilde bewerings maak net seker dat hulle as groep uitgeken word vir die irrelevante en desperate individue wat van hulle spirituele agnostici maak en presies hoe onbetroubaar hulle wilde stellings is.

Kobus de Klerk

  • 16

Kommentaar

  • Kobus de Klerk

    Dit wil voorkom asof die agnostici steeds baie sukkel met die begrip van Maria se maagdelike swangerskap en hoe dit moontlik kon wees. Hulle betwis die maagdelikheid en skyn te beweer dat die Heilige Gees op fisieke wyse (net soos of baie soos 'n fisieke man) die bevrugting moes veroorsaak. Natuurlik omdat hulle die aard en Wese van die Heilige Gees van God nie kan begryp of insien nie want HY is nie 'n fisieke Wese nie.
    Die ateïs Chris Dippenaar haal in 'n kommentaar elders Lukas 1:35 aan waar die begrip 'oorskadu' onder meer gebruik word om die Goddelike proses van die bevrugting van die maagd Maria te beskrywe.
    Die Grieks vir die begrip 'oorskadu' is as volg:
    '1982 - ἐπισκιάζω [episkiazo /ep•ee•skee•ad•zo/] v. From 1909 and a derivative of 4639; TDNT 7:399; TDNTA 1044; GK 2173; Five occurrences; AV translates as “overshadow” five times. 1 to throw a shadow upon, to envelop in a shadow, to overshadow. Additional Information: From a vaporous cloud that casts a shadow the word is transferred to a shining cloud surrounding and enveloping persons with brightness. Used of the Holy Spirit exerting creative energy upon the womb of the virgin Mary and impregnating it (a use of the word which seems to have been drawn from the familiar OT idea of a cloud as symbolising the immediate presence and power of God). - Enhanced Strong’s Lexicon.'
    Hierdie beskrywing van die gesaghebbende Strong's lexikon beskryf die aanwending en betekenis van die begrip in Lukas 1:35 baie duidelik.
    Soos dit is, was Lukas by uitstek vaardig en gesofistikeerd met die Griekse taal. Hy het baie waarskynlik natuurlik ook toegang tot die ouer Maria, die maagde-moeder van die HERE Jesus gehad en sy het sekerlik daardie rare en unieke proses presies aan Lukas bevestig. Dit is bekend dat hy navorsing gedoen het, baie van ooggetuie-verklarings gebruik gemaak het en sy feite geverifieer het - 'n proses wat nie in een dag gedoen kan word nie en destyds waarskynlik jare en jare geneem het - voordat hy dit uiteindelik in ongeveer 58 nC geboekstaaf het in die bekende Evangelie van Lukas.
    Lukas sou waarskynlik heel eerste by Maria begin het en die verhaal van die maagdelike geboorte is juis baie na aan die begin van die Evangelie van Lukas. Haar maagdelike swangerskap sou vir hom as medikus van besonder belang en belangstelling wees weens sy mediese agtergrond en sy kennis omtrent swangerskappe en geboortes. Hy was gereken as presiese persoon en sou sekerlik nie 'n wolhaarstorie opgedis het vir die waarheid nie. Dit is dus baie waarskynlik dat Maria hom in besonderhede oor alles daaromtrent te woord gestaan het 'n hele paar jaar voor 58 nC. Omdat hy ook bewus was van waartoe die HERE Jesus in staat is, was die nuus van die maagdelike geboorte nie vir hom onaanvaarbaar of onmoontlik nie, hoewel sekerlik uitsonderlik.
    Dinge was uiteraard baie stadiger gedoen destyds, weens gebrek aan vinnige vervoer en gebrek aan elektroniese kommunikasie-media. Oor die algemeen het Lukas dus lank voor ongeveer 58 nC toegang gehad tot mense vir wie die dinge waaroor hy skrywe, nog vars in die geheue gelê het.
    Kobus de Klerk

  • Kobus
    Al die sogenaamde kundiges wat jy aanhaal is mense, soos jy, wat ingekoop het in die mite van die outoriteit van die bybel. Hierdie meester narratief is die onderbou van al julle redenasies en kan bloot as opinies vertolk word. Ek het nog nooit gesien dat die bybel as verwysingsbron in enige wetenskaplike navorsing gebruik is nie.
    Die bybel is bloot 'n versameling geskiedkundige geskrifte waarvan bitter min wetenskaplik geverifieer kan word. Die sogenaamde voorspellings van die ou testament wat kwansuis in die nuwe testament vervul word is bloot teologiese buiksprekery. As Chris Dippenaar dus sekere aansprake in twyfel trek is dit bloot omdat dit soos die meerderheid van aansprake in godsdienstige redenasies, blote wensdenkery is.
    Jy is die laaste mens wat op enige bewyse van enige aard kan aandring want jy kon nog nooit enige van jou sogenaamde aansprake bewys nie. Van jou kastige aansprake oor olyfolie-botteltjies wat nooit leeg raak, Jupiter se mane wat volgens jou nie sigbaar is nie tot jou belaglike stelling dat jy kwansuis oor spirituele intelligensie beskik, is hoogstens lagwekkende pogings wat geen substans het nie.
    Groetnis daar in kammaland
    Thomas

  • Chris Dippenaar

    Kobus het blykbaar nie 'n probleem daarmee om Maria se swangerskap te beskryf as die gevolg van 'n goddelike bevrugting nie.Hy haal selfs aan uit Strong's Lexicon: 'oorskadu' "used of the Holy Spirit exerting creative energy upon the womb of the virgin Mary and impregnating it". Mens wonder nou deur watter gaatjie die Heilige Gees by Maria se baarmoeder uitgekom het. Maria was 'n maagd, sy word bevrug, God word die pa van die kind genoem, sy is nie meer 'n maagd nie, meer duidelik kan dit nie wees nie. Dit gaan oor 'n volgorde wat Christene nie wil raaksien nie. Daar word nêrens in die Bybel verwys na Maria as 'n maagd nadat die Heilige Gees "creative" met haar was nie.

    • Kobus de Klerk

      Chris,

      Maria se bevrugting as maagd het niks te make met fisieke vaginale penetrasie soos deur 'n fisieke man nie - God het nie dit nodig om lewe te skep nie. Mense wel, maar hulle is nie God nie, hulle is God se skepsels en is juis fisiek so geskep vir hulle eie menslike prokreatiewe doeleindes. Die massas gelowige mense het geen probleem om dit te verstaan nie, maar jy as ateïs sukkel met die mees basiese begrip van Goddelike Wese en veral SY Spirituele kenmerke en Krag ... wat nog te sê van hoe iets wonderliks soos Maria die maagd se Goddelike bevrugting en swangerskap terwyl sy 'n maagd was.

      Gesien dat Maria ander kinders later ook gehad het, was die eerste omgang met 'n man (Josef) wat sy gehad het, nadat sy geboorte aan die HERE Jesus Christus geskenk het.

      Kobus de Klerk

        • Kobus de Klerk

          Chris,

          Interessant dog tragies komies hoe jy as spiritueel-blinde vir my, die Spiritueel siende, vertel hoe ek in goed vasloop... terwyl jy net eintlik op my probeer projekteer wat jy ervaar, met jou gebeur, maar nie die detail besef of verstaan nie want jy kan nie sien nie...

  • Chris Dippenaar

    Alles wat jy hier kwytraak oor die outeurskap van Lukas is die produk van benewelde spiritualiteit. Die oomblik as dit blootgestel word aan die vereistes van geskiedenis val dit geheel en al plat. Ek sien dat jy elders vir Bart Ehrman afmaak, maar het jy al ooit iets van hom gelees? Ek is oortuig daarvan jy het nie! Onthou jy nog hoe jy vir my boeke van Adolf Deismann aanbeveel het wat jy nog nooit gelees het nie?

    • Kobus de Klerk

      Chris,

      Jy insinueer ek het nog nie Deismann en Ehrman gelees nie, wyl ek vir jou ekstensief aangehaal het uit hul werke. Smaak my jy kan werklik nie verstaan wat mens sê nie. Jy verstaan so min van wat ek sê soos jy van hulle verstaan - glad nie.

      • Chris Dippenaar

        As ek reg onthou, het jy aangehaal uit 'n onderhoud met Ehrman sonder om sy boeke te lees. Uit Deismann het jy eers "ekstensief" aangehaal nadat ek jou uitgevang het.

        • Kobus de Klerk

          Chris,
          Jy onthou nie reg nie.
          Mens hoef ook nie al Ehrman se snert te lees om te begryp hoe sy kop werk nie, maar een ding is verseker, selfs hy besef dat die Jesus werklikheid is - sy selfdesepsie het dus darem perke tot 'n geringe mate, terwyl joue geen perke het nie. Maar, weens sy Spirituele botheid, kan hy ook nie vir Jesus as HERE herken en erken nie, want hy is eenvoudig te vleeslik georiënteer.
          Wat Deissmann aanbetref, het ek sy werke bestudeer. Hy was 'n oopkop kundige wie, anders as meeste van sy eweknieë van die tyd, in staat was om die diep Geestelike inslag van die Woord te herken, erken en te begryp en te weergee.
          Ek het telkens vir jou probeer verduidelik wat hy eintlik sê, maar jy spesifiek is so spiritueel bot en afgestomp, dat jy eenvoudig glad nie kop of stert daarvan kan uitmaak nie. Nou probeer jy, verbitter soos jy is, jouself troos met uitvangstories van ander wie dinge ver bokant jou eie vuurmaakplek begryp en weergee, om die strikke waarin jy vasgevang is, vir jouself bietjie draagliker te maak. Dit is natuurlik alles deel van daardie komplekse en gevestigde selfdesepsie, so deel van jou al, dat jy self dit nie meer kan onderskei van die werklikheid nie.
          En in die proses dwaal jy weereens, nogeens, soos altyd, heeltemal van die onderwerp af.
          Arme jy...
          Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    As predikantseun wat die pad byster geraak het en heeltemal spiritueel verstok geraak het as gevolg daarvan en as volslae ateïs nou die lewe aanpak, is hierdie tipe reaksie van jou te wagte - dit beteken egter niks. Dit het geen inhoud nie, dit is leeg en kletter soos 'n leë blik. En hierdie forum is deurweef van sulke sinnelose blertse van jou.

    Op 'n stadium sal jy baie skaam kry, verseker...

  • Emwee Vorster

    Kobus verstaan ek jou reg dat jy van mening is dat geleerdes wat bewys dat Jesus ’n fiktiewe karakter is, agnostici is?
    Jy verwys in ’n absurde skrywe net na Christen-apologete en poog om jou skrywe daarmee te ondersteun. Dit sal nie werk nie!

  • Emwee Vorster

    Kobus jy beweer dat slegs jou "geleerdes" die onderwerp van ’n historiese Jesus bestudeer en dat niemand ander dieselfde dalk doen nie? Is jy bewus van Rigard Carrier, Dr Robert M Price, Fitzgerald, D.M. Murdock, en vele meer? Mense wat in detail ondersoek doen oor Jesus en soek Hom oral waar moontlik maar tot vandag toe is daar geen spoor van hierdie karakter nie. Selfs Ehrman wat in sy boek DJE beweer dat Jesus bestaan het, erken dat daar geen bewyse daarvoor is nie.
    Verder beweer jy dat Lukas Die derde evangelie geskryf het, dat hy ook Handeling geskryf het, dat hy sy evangelie uit bronne beskikbaar aan hom gebruik het omrede hy nie ’n ooggetuie was nie. Is dit nie snaaks dan vir jou hoe Lukas nie ’n ooggetuie kon wees nie? Indien jy beweer dat Lukas ander bronne gebruik het as ooggetuie, wie en watse bronne wat dit?
    Watter een het Lukas dan eerste geskryf? Die brief Handeling, meeste reken die briewe is voor die evangelies geskryf, of dink jy die Lukas-evangelie is eerste geskryf?
    My mening is dalk eerder dat Marcion Lukas geskryf het en dat die res bloot van Marcion of Lukas oorgeskryf is. Geleerdes, meeste van hulle reken dat Markus die eerste van die vier geskryf was, en die res bloot oorgeskryf is met weglatings en interpolasies.
    Niemand weet iets van hierdie outeurs of skrywers af nie. Niemand het enige benul wie hierdie persone Matt, Markus, Lukas en Johannes was nie, Paulus ingesluit, behalwe dat hulle deel van ’n verhaal is. Let wel, ’n verhaal, dis al, tot dusver.
    Let ook op dat Paulus se Jesus en die Jesus-karakter in die evangelies nie dieselfde karakter is nie en dat Paulus ’n agnostiese Jesus geskep het. Marcion kon by Paulus eerder geleen het en sy Jesus aangevul het soos die OT hierdie karakter voorspel het.
    Ek kan nie agter die kap van jou redenasie kom om te beweer dat Lukas Handelinge ook geskryf het nie, dit bewys seer sekerlik nie dat dit korrek is nie, dat daarmee die evangelies en ’n historiese Jesus bewys kan word nie?

  • Emwee Vorster

    Kyk Kobus, wat jy poog om te impliseer is goed en wel, dat Lukas Handelinge geskryf het en nie Paulus nie, jy gebruik die Bybel as bron. Terselfdetyd bewys jy ook dat vervalsing in die Bybel geplaas is, hoe die Bybel voorgee dat die outeur van Handelinge Paulus was en dat jy nou dieselfde Bybel aanhaal as 'n vervalsing! Eienaardig nè? Dit is die geval in byna al die boeke in die Bybel. Die evangelies is almal vervals.

  • Beste Emwee Vorster,
    Kobus de Klerk, het al drie jaar gelede Moedverloor se Vlakte toe getrek. Sedertdien het niemand ooit weer van hom gehoor nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Emwee,
    Miskien moet ek byvoeg dat FC Boot nou Jesus se kampvegter is hier op SêNet. Hy beweer dat die afwesigheid van bewysstukke juis 'n sterk bewys is van Jesus se historisiteit. Hy kan vir jou bladsye aanhalings uit die NT optower om sy stelling te bewys.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top