Ywerig doen hy sy werk, sonder om te kla
Die werk is baie, die las is swaar
Maar, hy is daaroor min gepla.
Hy doen sy plig vir God
Dit is wat hy maar altyd sê
"Dis God se wil vir my lewe
Ek doen wat hy wil hê."
Die ouderling, ’n man van God
Altyd voorbeeldig en getrou
As daar werk is om te doen
Sit hy nooit arms gevou.
Hy is lief vir God
En lief vir sy medemens
Mag God hom seen en altyd dra
Dit is wat ons hom toewens.
Eendag wanneer God terugkeer
Om sy volk van sonde te bevry
Sal hierdie ouderling van ons
Sy regmatige plekkie kry.
B. Boggenpoel

