Die oorsaak van die waarskuwing
Dit was die jaar 2500 en die aarde het begin versadig raak
Hulle voorgeslag was te selfsugtig oor hulle eie saak
In die oggend was die horison nie meer rooi van kleur
’n grys wolk het gehang soos ’n vullishoop van teer
Die mensdom moes drasties aan ’n plan dink
Sodat hulle nageslag kan weet hoe lopende water klink
En sodat hulle pragtige groen woude kan sien
En rede kan vind om hulle skepper te dien
’n Kwart van die bevolking word toe deur ’n leier saamgeroep
Om ’n verskil te maak kort mens ’n groep
Hy oortuig hulle: sonder ’n nageslag is mens se doel leeg
En die enigste oplossing is om selfmoord te pleeg
Mens sal dit nie glo nie, maar hy het hulle oortuig
Die groep mense het gedink hulle gaan bo die ander uitstyg
’n Kwart van die bevolking het daai dag hulle koppe neergelê
Sodat hulle nageslag ’n beter lewe kan hê
Maar hier kom die ironie van die storie
Die klimaks in al sy glorie
Vir al die dooies was daar nie genoeg grafte nie
So hulle het almal veras
En sodoende die atmosfeer net nog harder aangetas
![]() |



