Dis die hoofoorsaak van al die probleme op aarde, maar dit word misgekyk, of doodgeswyg, dalk vir politieke of godsdienstige redes word daar min oor gepraat.
Dit is naamlik oorbevolking, die hoë geboortesyfer op 'n aarde wat beswaarlik nog genoeg kan produseer vir almal, en wat boonop versmoor word onder al die besoedeling. Dink maar daaroor: As die aarde se bevolking vandag die helfte minder was, was daar die helfte minder armoede en hongersnood. Of glad nie honger en armoede nie, want daar sou genoeg vir almal wees. Dan was daar minder of geen oorloë nie, want alle nasies het genoeg grond gehad, en ruimte om hul politiek uit te leef sonder om ander te steur. Die selfmoordbommers sou onnodig wees, want almal had genoeg ruimte om hul kerke en moskees te bou en hul gode te dien.
Wat van die verskrikking van duisende aborsies elke dag? Dit sou mos onnodig wees?
En ons wilde diere is veilig in hulle groot, groen en wydgestrekte parke.
Terwyl ek oor hierdie dinge dink, wat in vandag se digbevolkte wêreld alles redes vir bekommernis is, wonder ek tegelyk wanneer 'n mens se kommer ooit op 'n einde kom. Want dit is ook besorgdheid oor jou eie, persoonlike sake wat hier bygetel moet word. Sal ek my werk behou? Sal my salaris/pensioen volgende maand weer in die bank wees? Sal my karretjie hou?
So kan 'n mens aangaan en 'n legio dinge noem. En die gevolgtrekking is dat jou bekommernisse eers eindig met jou dood. Tot dan leef ons maar volgens ons drifte en drange: Eet, drink, naai en wees vrolik, want môre sterf ons.
NS: Hoewel daar eeu gelede in 'n yler bevolkte wêreld ook oorloë was, weet ons vandag mos van beter! En daar is die Verenigde Nasies en duisende mense wat hulle beywer vir vrede, as die omstandighede net meer ideaal was ...
Varkspek


Kommentaar
Beste Varkspek
Jy slaan die spyker op sy kop! Ek dink tog die mens se aanteling gaan binnekort katastrofiese gevolge hê. Die vraag is net wanneer. Daar word reeds gepraat van superkieme, hongersnood, oorloë, waterskaarste ens.
As individue kan ons nie veel doen nie. Bekommer help ook nie en ek is geneig om saam te stem met jou motto van: "Eet, drink, (skrap dié ene, want dis die kwaaddoener) wees vrolik ..." ens.
Geniet die lewe!
Varkspek,
Jy is vir seker in die kol met jou bekommernis oor die oorbevolking van die spesie Homo sapiens op die planeet. Die aanwaskoers is volgens ontleders en kenners op dié gebied glo ’n paar duisend persent hoër as wat dit behoort te wees gemeet teen die aanwaskoers vir ander spesies.
In werklikheid is die oorbevolking natuurlik ook maar ’n simptoom en lê die werklike probleem eintlik by die beskikbaarheid van voedsel en die vordering van die wetenskap op mediese gebied en seker nog ’n paar ander bydraende faktore.
Landbou het die afgelope dekades daarin geslaag om oesopbrengste dramaties te verhoog wat sekerlik die grootste bydraende faktor tot die bevolkingsontploffing is en daar is al opgemerk dat ’n verbod op die produksie van kunsmis 'n doeltreffender oplossing vir die probleem van die oorbevolkinsprobleem sal wees as maatreëls vir geboortebeperking.
Ek twyfel of enige teenmaatreëls ooit suksesvol sal wees.
Panda
Hier in Kwazulu-Natal in die laerskole is daar duisende leerlinge wat swanger is. Dit is maar een provinsie. Waar gaan dit eindig?
Die meeste plase wat aan die swartes oorhandig is, is 'n klaaglike mislukking wat op sy beurt voedsel sekerheid in gevaar stel. Ons begin al klaar invoer. Die regering het geen benul wat hulle doen nie en maak dit nie makliker vir boere nie. Iewers in die toekoms gaan iets meegee. Ek hoop dat die werklikheid en die dringendheid van die saak mense tot ander insigte sal bring. Daar is al klaar te veel mense op aarde.
Beste Varkspek
Die oorsaak van die menslike probleme onderling is suiwer hebsug. Maslow se "hierarchy of needs" spel dit mooi analities uiteen. Oorbevolking kan 'n probleem word indien dit nie reg bestuur word nie, anders is dit in werklikheid geen probleem nie.
Ons mees primitiefste benadering is: "Ek wil hê wat jy het, en indien ek dit nie wettig kan bekom nie, gaan ek dit van jou afvat."
Toe die wêreld se bevolking 'n skrandere persentasie van vandag se bevolking was, was daar in enige deel van die wêreldoorlog aan die gang, juis te wyte aan hebsug. Die geskiedenis is vol van bekende oorloë in die verlede gevoer, en in die meerderheid gevalle, nie oor voedseltekorte nie.
Van die digbevolkste selfregerende lande ter wêreld, bedryf suksesvolle ekonomie, merendeels invoerders van hulle voedsel en klerasie, en in sekere gevalle selfs vir vars water.
Makau - 18560 persone / vk km; Manaco - 17500 persone / vk km; Singapore - 7150m persone / vk km; Hong Kong - 6429 persone / vk km. Vergelyk dit met ons 15 persone / vk km in 1961 en 42 persone / vk km in 2010. En ons wil sê ons het probleme as gevolg van oorbevolking en bevolkingsaanwas!?
Jaco Fourie
Jy's reg: dis die grootste probleem en kry die minste aandag in alle media.
Hello,
DIE MAG VAN HEBSUG
Die barbaar se siening is: "Ek soek dit wat jy het, en indien ek dit nie wettiglik kan bekom nie, gaan ek dit van jou afvat"
Die onlangse optrede van die barbare in Oranjeville is 'n tipiese voorbeeld van bogenoemde stelling.
Buitelanders het met niks in hierdie land ingekom. Met die inslag was hulle vergeleke met die plaaslike bevolking minder gelyk. In 'n japtrap het hulle besighede deur vernuf, harde werk en, lang ure ingesit, hulle posisie vergeleke met die plaaslike bevolking heelwat verbeter. Die gevolglike jaloesie van hierdie sogenaamde " vorige benadeeldes" lei tot plundering van immigrante goedere en die verjaging van hierdie vlytige mense.
En dan word dit van my, onder die vaandel van demokrasie, verwag om hierdie barbare as my gelyke te ag. AAIKONNA!!
Jaco Fourie
Regstelling van fout. Dit was nie Oranjeville nie, maar Orange Farms wat ek hierbo in gedagte gehad het. Die Cointreau (my geliefde drankie), het my 'n bietjie disnis geslaan, die dat ek deurmekaar geraak het.
Jaco Fourie
Oorbevolking gaan nie net daaroor hoeveel mense jy op 'n kolletjie kan staanmaak nie, dit gaan primêr oor die beskikbaarheid van voedsel en water. Van die plekke wat baie dig bevolk is, soos Hong Kong, produseer min voedsel en maak staat op lande soos Suid-Afrika, die VSA, Europa, Australië en ander om hulle te voorsien.
Suid-Afrika is 'n dorre land. Slegs omtrent een derde is geskik om voedsel te produseer en ons voer al reeds in, hoewel ek nie sal beweer ons het al ons volle potensiaal as produseerder bereik nie.
Die feit is ook dat ons al reeds 'n waterskaarste het en daar is nog miljoene mense wat van spoeltoilette en lopende water in die huis voorsien moet word. Periodieke droogtes knel die land, die produksie van mielies en koring is wisselvallig en dikwels vrek vee van dors en honger. Besoedeling van ons riviere en onderaardse waterbronne vererger die probleem. Ons oseane se visse is al erg bedreig.
In talle dele van die wêreld is daar reeds hongersnood.
Varkspek
KONSENTREER EERDER OP PRODUKTIWITEIT
Varkspek. Jy maak verskoning: “Oorbevolking gaan nie net daaroor hoeveel mense jy op 'n kolletjie kan staanmaak nie, dit gaan primêr oor die beskikbaarheid van voedsel en water.”
Soos reeds deur my gesê: Oorbevolking is geen probleem, mits dit goed bestuur word nie, soos genoemde digbevolkte lande dit reeds doen nie. Skaarste aan water en natuurlike hulpbronne, wat meeste van hierdie digbevolkte lande reeds ondervind, kan op ander maniere oorbrug word soos per hulle ekonomie bewys word.
Jy skryf: “Van die plekke wat baie dig bevolk is, soos Hong Kong, produseer min voedsel en maak staat op lande soos Suid-Afrika, die VSA, Europa, Australië en ander om hulle te voorsien.”
Hierdie voedsel-invoer kry hulle nie verniet nie, hulle koop dit, en om geld te bekom, moet daar PRODUKTIWITEIT van die een of ander aard wees. Hong Kong se werklose syfer is ‘n karige 3.4% teenoor ons amptelike 25%, en lees op onder Hong Kong se werkloosheidsyfers, HULLE HET NIE GENOEG MENSE vir sekere beroepe nie. Hulle soek nog meer mense ten spyte van hulle huidige bevolkingsdigtheid! Lees hulle advertensies vir beroepsposte.
Verder skryf jy: “Suid-Afrika is 'n dorre land. Slegs omtrent een derde is geskik om voedsel te produseer en ons voer al reeds in.”
Al skuif jy al 50mil Suid-Afrikaners in ‘n waterryke en vrugbare provinsie soos Natal met 92000 vk km oppervlakte, sal Natal se bevolkingsdigtheid ‘n karige 543 persone / vk km wees in vergeleke met Hong Kong se 6429 mense / vk km. Wat ons het, en meer in geseënd is as Hong Kong, is ‘n skatryk reserwe van natuurhulpbronne. Goud; Platinim; Steenkool; vrugbare landbougrond (al is dit net ‘n derde van ons land se oppervlakte soos jy sê); volop geredelike goedkoop arbeid, ryk viskuslyn, bosbou, en nog meer. Nieteenstaande is die gemiddelde Hong Kong-burger beter af as ons gemiddelde landsburgers. Die verskil? Hong Kong handhaaf ‘n hoër produktiewe ekonomie as ons s’n, en is in die internasionale mark met sy produktiewiteit mededingend.
Ons moet strewe om soos Hong Kong en ander suksesvolle ekonomie te word, ons produktiwiteit op te stoot en internasionaal mededingend te word. Hierdie digbevolkte lande bewys dat oorbevolking glad nie ‘n probleem is indien dit reg bestuur word, en dit is wat ons moet na strewe om te doen. Werkskepping vorm ‘n belangrike deel van so ‘n strategie.
Jaco Fourie
Mens moet nou nie die produktiwiteit van die werkerskorps verwar met die produksievermoë van die land se boerderye nie. Dit gaan oor hoeveel jy uit die beskikbare grond kan haal en hoeveel grond beskikbaar is vir produksie.
Al stoot ons produksie op tot die maksimum wat die GROND kan produseer, sal daar op die lange duur nie genoeg voedsel beskikbaar wees vir die groeiende bevolking nie. Wetenskaplikes het al in die 1980's bereken die land kan hoogstens 80 miljoen mense dra, dan sal daar reeds groot probleme wees met water. Kyk globaal na die saak, waar sal Hong Kong se voedsel vandaan kom as ander lande hom nie meer kan voorsien nie, omdat hulle net genoeg vir hul eie groter wordende bevolkings kan produseer?
Ons het reeds 'n waterprobleem, talle ander lande ook.
Natal sal nie die hele land se 50 miljoen mense van kos en water kan voorsien nie. Ek sluit nou maar hierdie gesprek af.
Varkspek
Hello,
Varkspek
Jou oorspronklike redenase was dat oorbevolking "die oorsaak van alles (onheil)" was. My teenargument is dat oorbevolking, maak nie saak hoe groot, en waar nie, net 'n probleem gaan wees indien dit nie reg bestuur word nie. Menslike konflik is hoofsaaklik die gevolge van hebsug en meerendeels nie aan voedsel tekorte te wyte nie.
Die mens, indien die wil daartoe is, sal omtrent enige probleem kan oorbrug, oorbevolking inkluis, juis my voorbeelde van oorbevolkte lande met geen natuurhulpbronne, geen eie kos vervaardiging, of self eie waterbronne nie, as voorbeelde van sodanige oorbrugging, en nieteenstaande hulle tekorte 'n beter lewenstandaard kan handhaaf as die gemiddelde S.A. met al sy geseënde ryk grondstowwe. Waar dit op neerkom is dat daar geen perke aan die menslike vermoëns is om sy omgewing tot sy eie voordeel te kan beheer nie.
In die 1920's, was daar geen damme van enige noemenswaardige volhoudbaarheid om destyd bereken, meer as 20mil mense in S.A. te kon onderhou nie. Daar is toe nie teruggesit en swartgallig ge-hendsop soos jou rubriek die indruk hierbo skep nie. Oor die daaropvolgende jare is besluit dat daar voortdurend genoeg water voorsiening gaan wees ongeag enige bevolkings aanwas. Die Hartbeespoort Dam is gebou. Daarop het gevolg die Vaaldam, die Gariepdam, die damme in Lesotho, met oorspoeling daaruit in die groot dam net bo die Drakensberge by Oliviershoekpas, ek dink die Sterkfontein dam, daarvandaan na Natal se damme en ook die Vaaldam verder aan te vul. In Namibia word rioolwater hersirukleer as drinkwater. Die Hollanders het hulle probleme oorbrug deur dyke die see in te bou om meer grondgebied te kon bekom, vandag ook 'n oorbevolkte land, wat weet hoe om sy oorbevolking te kan beheer, en steeds 'n hoe lewensstandaard vir die gemiddelde burger te kan handhaaf. Die les vir ons Suid Afrikaners is, indien ander dit kan doen, wat keer ons om dit ook nie te kan doen nie?
Ek is van mening die tyd kom in die nie verre toekoms nie, dat die mens kolonies op bv. die Maan, Mars en ander planete gaan bou. Geen suurstof, geen water, geen plante of diere op hierdie planete vir kosvoorsiening nie, vir die mens gevaarlike temperature, ens. En wat sal die mens keer? Alleenlik sy eie inperking op sy brein se vermoëns.
Skudders (shakers) in die samelewing dink en handel pro-aktief. Hulle haal nie gedurig die bobbejaan van agter die berg uit nie. Huldig nie 'n voortslepende swartgallige uitkyk oor die lewe nie. Hulle soek 'n gaping om tot eie voordeel te kan benut. In teenstelling mense met klappe op hulle oe en brein, dink en sien net sover as wat hulle selfopgelegte klappe hulle toelaat om te kan dink, handel of sien. Sodanige mens kan net re-aktief en swartgallig dink en optree.
Jaco Fourie
Wouter
Dankie vir jou verslag hierbo. Dit vind aanklank tot wat ek aan Varkspek probeer oordra.
Jaco Fourie
Dis algemene kennis dat die mens se vermeerdering op aarde, direk ewematig is tot die beskikbaarheid van energie.
Kyk gerus hier vir 'n pragtige en dramatiese voorstelling daarvan: http://www.youtube.com/watch?v=8vljIei1PwM (ek moet egter erken dat ek veel meer deur die musiek daarop as die onderwerp meegesleur is - Mozart se "Messe en Ut Mineur" K. 427: Kyrie, deur Sadrina Piau, Choeuer de Chambre' Accentus, Emanuel Krivine & La Chambre Philharmonique - ook een van my dogter se gunstelinge).
Nietemin, olie is tans die wêreld se bron van energie - erg omstrede en polities gemanipuleerd - hoor ek dalk iemand my as alarmisties en 'n jammerlap uitjou?
Wel, eenvoudig beskou ek myself as iemand wat in sy planne, die bestaande toestande in aanmerking neem.
Dus, die stagnering, moord en doodslag om my, is tog duidelik tekens dat PRODUKSIE en GOEIE BESTUUR nie in my leeftyd van enige waarde hier aan Mzansi gaan wees nie.
Dit alles maak Varkspek se stelling waar - dog, soos "Dolf" sou seg; "sterkte" vir die res wat dink Ubuntu sal plek maak vir enige vermoë om voort te bring, anders as vrugbaarheid in Afrika se demokrasie en aanwas!
Ubuntu is toevallig die gelykmaker hier; niemand mag meer het as 'n ander - as jy een iets kan koop - hoekom nie twee nie?
Daarom Jaco, is die Voortrekkers se hart vandag van net soveel waarde... kaalvoet na waar PRODUKSIE en GOEIE BESTUUR 'n grondslag vorm van samelewing.
Namaste!
Cornelius
Hello,
Hello Jaco,
Die aarde se vermoë om voedsel te produseer vir die groeiende wêreldbevolking is naby sy eindpunt, en water is reeds 'n probleem. Los maar as julle sukkel om dit te verstaan.
Daar is min plekke in ons land wat nog geskik is vir damme bou, 'n dam kan nie op enige plek gebou word nie. In die VSA is daar reeds so baie damme en besproeiing dat die riviere laer af opdroog, wat verskeie probleme skep.
Natuurlik het die bevolking in ons land en welvaart geweldig toegeneem oor honderde jare, maar dit is juis die probleem.
Om nou al te praat van kolonisasie van mars en die maan is vergesog, jy weet opsigtelik nie wat alles betrokke is nie. Ons het nog nie eens een enkele geskikte ruimtetuig om genoeg voorraad vir drie maande vir twee persone mars toe te neem nie. Weet jy ooit hoe lank vat dit die huidige ruimtetuie om by mars te kom, met slegs ligte vrag? Dit gaan nog lank wees voor hulle een enkele mens op mars kan plaas. En waar gaan hul water en kos vandaan kom?
Jy is verward, vra Kobus om vir jou te bid.
Groete,
Varkspek
Wouter, wil jy nou wraggies na al jou ander twak ook nog voorgee dat die feit, dat die mens se vermeerdering op aarde direk ewematig is tot die beskikbaarheid van energie, nonsens is?
Henn,
Hello Varkspek et al,
Sonder om terug te blaf; die son kom op in die Ooste en sak in die Weste ... eenvoudige en algemene kennis vir enigeen met goeie begrip ... alhoewel, en ongelukkig so; vir enige redetwister (slimjannie) - gelowig of ongelowig - 'n bron van oneindige vaagheid aangesien (en veral); Afrika se Weste is mos Amerika se Ooste, dus - alles is altyd onsinnig soos ons gewone harte dit sou wou aanvaar en beskou ... nietemin, ek's teen hierdie tyd al gewoond aan gebreinspoelde slimjanne soos jy Wouter; betreffende die statistiek in die ontginning van olie - het jy dalk al gehoor van die "baby boom"? ... derhalwe, soos Jaco tereg gemerk het; goeie bestuur en produksie is miskien wel oplossings ... Wouter, is jy regtig van mening dat Mzansi (in besonder) se demokrasie in terme van produksie en bestuur (midde ons geweldige bronne) in hierdie uitdagende tyd in die wêreld gaan uitstyg? ... hahahah ... ag, en dan tot vervelens toe; harte soos Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu, is tans een van jou helde se grootste kritici (dalk ook die eerste leier wat plaasmoorde in die openbaar gaan kritiseer) ... hoe kan jy as sogenaamde intellektueel, so gebreinspoel deur die massa media se sentiment en simpatie, my kritiek teen die huidige regering en trots as Afrikaner, as rassisme te wil brandmerk? ... wat is nou nuut daaraan? ... siestog Wouter, jou simpel napraat en spiritueel intelligente insig is beslis besig om Kobus de Klerk se omstrede aandrang dat Jupiter se mane 'n mite is, te oortref!!!
Cornelius,
Varkspek
Jy het deurgans veralgemene stellings gemaak asof hulle feite is, sonder om enige bewyse daarvoor te lewer nie.
Bewys ten minste hierdie een stelling van jou, nl: "In die VSA is daar reeds so baie damme en besproeiing DAT RIVIERE LAER AF OPDROOG, wat verskeie probleme skep", deur 'n bron verwysing aan te gee sodat ek en ander dit ook kan opsoek.
Jaco Fourie
Ja, wat van die "baby boom" en die ontginning van olie? ... "Wouter Ferns", die gekweste karikatuur wat sonder selfs sulke algemene kennis, antagonisties geraak het en steeds slimjannie op die werf probeer speel ... dis nou regtig uiteindelik 'n kwessie van met 'n dwaas redeneer en daarom ook as een aangesien word ... enige ander wat in hierdie onderwerp sou belangstel, kan gerus skakels soos hierdie op die Internet lees: http://www.countercurrents.org/goodchild070710.htm
Hello Varkspek et al,
Hello,
Hello,
Hello,
Dankie Wouter
Baie insiggewend and food for thought
Jaco Fourie
... ja, in siklus, op siklus, op siklus, op siklus ... , spoeg en plak Wouter soos 'n passer al om sy eie gat - ander se swoeg en sweet asof dit hom slim kan laat lyk! ... hel, nee ...
Baie dankie Jaco - dit word waardeer.