"Die Onbekende Wag" deur Leandre Kemp

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Die donker nag het my siel kom steel
Ek staar na die maan
Ek droom van wêrelde ver van hier af

Ek probeer my lewenskeuses verstaan
Al my ja’s wat nee’s moes wees
En vice versa

My geheime hoop op
Ek raak ? kluisenaar van my emosies
Ek soek gereeld antwoorde
Op die verkeerde plekke
Ek staan vir ure
En luister na nuttelose gesprekke

Ek hoop die onbekende wag
Ek hoop die onbekende wag

Ek weet wie ek is
Ek weet dat liefde wen
Ek weet dat die enigste konstante ding
In die lewe
Verandering is

Maar ek wens dat jy saam met my kon verdwaal
In die fantasie dat die onbekende wag
Die onbekende wag

Soms doen ek sinnelose dinge
Wat ek aan niemand kan verduidelik nie
Want ek verstaan dit self nie

Die onbekende wag
In my impulsiewe gedrag
In my toekoms
In die liefde
In die lewe

Moenie stilstaan en wag nie
Gaan soek die onbekende
En dalk vind jy jouself

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top