Die off-beat love
Ek’t jou leer ken as die ou wat alles weet,
maar die dinge van my hart kon jy nog nooit oorwin.
Jy’t my begin interesseer, jy met jou blue black pak
en wulpse oë.
Jy’t bly veg vir my soos ’n ware held,
moet my net nie nou laat gaan,
bly tog daai ridder op die swart perd uit my favourite scene.
[REFREIN]
Nog net een drink en als is okay
nog net een drink en als is verby,
maar alles bly draai, want geen joke,
geen dans, geen smile
gaan my red van myself.
Ek’t bly wonder oor die seer in jou hart,
jy met jou unicorn-hemp en skewe smile.
Jy was my musiek, maar ek kon nooit
by jou ritme bly.
Jy’t vasgehaak in jou rock act en ek die hartseer Franse melodie,
so sou ons nooit harmonie kon bereik,
maar ek weet nou dat die beste musiek word gebore
uit die off-beat notes.
[REFREIN]
Nog net een drink en als is okay
nog net een drink en als is verby,
maar alles bly draai, want geen joke,
geen dans, geen smile
gaan my red van myself.
[BRUG]
So kom red my gou,
voor my hart leegloop deur my oë vir jou
net vir jou.
[REFREIN]
Nog net een drink en als is okay
nog net een drink en als is verby,
maar alles bly draai, want geen joke,
geen dans, geen smile
gaan my red van myself.
![]() |



