Die oerknalteorie besig om in sy eie swart gat te val

  • 6

So ’n tydjie gelede het ons die agnostici se religie aan die hand van hulle religieuse verklaring van die biologiese ontstaan van dinge in oënskou geneem, toe ons na hulle sogenaamde darwinistiese evolusie leerstukke gekyk het, soos dit vandag daar uitsien na anderhalf eeu sedert Charles Darwin. Ons het gesien hoe hulle, waar ontbreek en feitlike waarnemings hul selfs weerspreek, sorgvuldig hipotese prakseer om enige moontlikheid van die betrokkenheid van die Skepper, van God, te probeer uitskakel. Daarbenewens is daar ook die samelopende siedende aanvalle deur die Richard Dawkinsse en sý kohorte teen gelowiges en God in ’n reeks publikasies wat oraloor berugtheid verwerf, het. Ons het ook gesien hoe hulle wetenskap misbruik om ’n spul religieuse filosofie mee te probeer verdoesel en vir baie jare só daarmee weggekom het, totdat mense vir hulself begin dink het en werklik ondersoek begin instel het na die aansprake van die darwinistiese tipe evolusieleer en ons het ook dan gesien hoe hulle dié fasade van wetenskap misbruik om sodanig toegang te verkry tot onderrig instellings om hulle sekulêre naturalistiese (agnostiese) religie op studente en leerkragte af te forseer – en dit gaan al vir baie dekades só aan.

Die krake het des te duideliker begin word toe daar vanuit hulle eie geledere deur wetenskaplikes ernstige kritiek uitgespreek is teen sleutelaspekte van die darwinistiese evolusieleer as ’n wetenskap. Ons het gesien hoe lojale strydrosse in eie geledere, soos prof. Michael Ruse, sy frustrasies wyd en syd bekendmaak oor die feit dat die gesegde evolusieleer al meer en meer sy filosofiese en religieuse werklikheid deur die fasade van wetenskap, laat deurskemer.

Ons het ook gesien hoe die plaaslike agnostici op dié openbaarmakings reageer het met ontwykinge, blote ontkennings en sarsie op sarsie persoonlike aanvalle op my en pogings om my metodiek en persoon verdag te probeer maak – die probleem vir hulle is dat ek hoofsaaklik gesteun het op talle aanhalings van fundamentele kritiek van ander wetenskaplikes uit hul eie geledere én uit ander geledere.

Dus, die persoonlike verdagmakery – en ons sien dit ook by sommige plaaslike akademici wat deur hulle aangehaal is, wat wye, onbewese en onbewysbare stellings oor die issues maak maar tweederdes van sy kommentaar wy aan die persoonlike aanvalle en verdagmakery van die kritikus - het nie vir hulle gewerk nie, maar dit is insiggewend omdat dit daarop dui dat hulle na alles nié antwoorde op die kritiek het, nie.

Maar, die evolusieleer is natuurlik nie waar dit bly, nie. Die klompie agnostici het ook die ruimtewetenskappe geskaai om hulle religie daarmee af te rond ten einde ook dáár ’n nie- Goddelike en met hulle oerknal leerstuk, só ’n teenvoeter probeer vind vir die Goddelike skepping van die hemele. Die naam van dáárdie poging is die sogenaamde oerknal teorie.

Nou, anders as met die skepping op aarde, het dit ons Skepper behaag om nie vir ons te sê op welke wyse en plan en presies wanneer en in watter orde Hy die hemele (kosmos) geskape het nie, behalwe net, dat Hy dit wél geskape, het (Genesis 1:1) en dat Hy die kosmos begrens het, tot die mate dat dit ondergeskik is aan Hom want dit is Sy troon (regsprekende setel – Jesaja 66:1; Mattheus 5:34) en die aarde het Hy spesiaal gemaak, want dié is die voetbank vit Sy voete (vir Sy ontspanning – Jesaja 66:1; Mattheus 5:35). Ons dit ken ook dat God melding maak van die son en die maan, spesifiek (Genesis 1:16-17) – meer in besonder om vir ons aan te dui dat God die twee in posisie gestel het en ten opsigte van die aarde en dat dié twee hemelliggame met die biosfeer van die aarde ’n belangrike rol sal speel, met die instelling van vaste tye soos dag en nag, soos ons dit ook sien gebeur tot vandag, toe.

Maar ook die oerknal teorie is besig om van binne af, aan flarde geruk te word – hoe anders, dit is dan geskoei op presies dieselfde basis as die darwinistiese tipe evolusieleer - op die basis van haas onbewysbare gekunstelde hipotese wat allerlei versluierde motiewe het, van befondsing tot religie, maar nié wetenskap, nie.

So onlangs as 2004 het ’n groep van 33 vooraanstaande [ruimte]wetenskaplikes in die New Scientist (Lerner, E., Bucking the big bang, New Scientist 182(2448)20, 22 May 2004) uiteindelik hulle frustrasie uitgedruk deur hulle stem dik te maak oor die einste onwerkbare, onbewysbare oerknal teorie wat in algar se kele afgedwing word, nes die evolusieteorie. Sedertdien het die ondertekenaars gegroei na honderde. Lees dit gerus self.

Hier is ’n paar op-en aanmerkings wat die gemors aan die kaak stel vanuit die binnekringe:

“Our ideas about the history of the universe are dominated by big bang theory. But its dominance rests more on funding decisions than on the scientific method, according to Eric Lerner, mathematician Michael Ibison of Earthtech.org, and dozens of other scientists from around the world.”

“The big bang today relies on a growing number of hypothetical entities, things that we have never observed—inflation, dark matter and dark energy are the most prominent examples. Without them, there would be a fatal contradiction between the observations made by astronomers and the predictions of the big bang theory.”

“But the big bang theory can’t survive without these fudge factors. Without the hypothetical inflation field, the big bang does not predict the smooth, isotropic cosmic background radiation that is observed, because there would be no way for parts of the universe that are now more than a few degrees away in the sky to come to the same temperature and thus emit the same amount of microwave radiation. … Inflation requires a density 20 times larger than that implied by big bang nucleosynthesis, the theory’s explanation of the origin of the light elements.’ [This refers to the horizon problem]”

“In no other field of physics would this continual recourse to new hypothetical objects be accepted as a way of bridging the gap between theory and observation. It would, at the least, raise serious questions about the validity of the underlying theory”

“What is more, the big bang theory can boast of no quantitative predictions that have subsequently been validated by observation. The successes claimed by the theory’s supporters consist of its ability to retrospectively fit observations with a steadily increasing array of adjustable parameters, just as the old Earth-centred cosmology of Ptolemy needed layer upon layer of epicycles”.

Die kosmiese wetenskaplikes praat van miljoene en biljoene jare en kilometers asof dit haalbare, observeerbare minute en treë is. Baie van dié onbewysbare aannames (nie feite, nie) en talle ander, waarop die sogenaamde ‘bewyse’ berus, is juis op die rooiverskuiwings meet metode geskoei en dié is juis nou verdag gemaak in eie geledere:

“Even observations are now interpreted through this biased filter, judged right or wrong depending on whether or not they support the big bang. So discordant data on red shifts, lithium and helium abundances, and galaxy distribution, among other topics, are ignored or ridiculed.”

Maar, omdat dit deel van die agnostikus se religie is, speel wetenskap net rol as verdoeselaar van die religie wat ten koste van alles, ook die ware wetenskap, voorgehou moet word:

“Giving support only to projects within the big bang framework undermines a fundamental element of the scientific method—the constant testing of theory against observation. Such a restriction makes unbiased discussion and research impossible.”

Presies dieselfde probleem in oormaat, sien ons mos, soos uitgewys, by die darwinistiese tipe evolusieleer.

Soos ons vir Dawkins die evolusie profeet by die evolusieleer het, het ons vir Stephen Hawking wat dit sy persoonlike missie maak ter wille van die religie wat hulle beide aanhang, om God as Skepper te probeer uitwis. Maar hierdie wetenskap-vreemde benadering ter wille van die promovering van hul religie onder die waas van wetenskap, gaan beslis nie meer ongesiens verby nie – en mense raak sat daarvoor. In ’n kritiek van die Hawking boek (The Grand Design – hoe ironies) in die sekulêre New York Times, skrywe die kritikus:

“The real news about The Grand Design, however, isn’t Mr. Hawking’s supposed jettisoning of God, information that will surprise no one who has followed his work closely. The real news about The Grand Design is how disappointingly tinny and inelegant it is ... The Grand Design is packed with grating yuks. “If you think it is hard to get humans to follow traffic laws,” we read, “imagine convincing an asteroid to move along an ellipse (Oh my) … This book is provocative pop science, an exploration of the latest thinking about the origins of our universe. But the air inside this literary biosphere is not especially pleasant to breathe”.

Bekende prof. John Lennox (ook bekend daarvoor dat hy Dawkins die loef afgesteek het) het die volgende te sê:

“And in his latest book, the renowned physicist mounts an audacious challenge to the traditional religious belief in the divine creation of the universe. According to Hawking, the laws of physics, not the will of God, provide the real explanation as to how life on Earth came into being. The Big Bang, he argues, was the inevitable consequence of these laws ’because there is a law such as gravity, the universe can and will create itself from nothing.

… But contrary to what Hawking claims, physical laws can never provide a complete explanation of the universe. Laws themselves do not create anything, they are merely a description of what happens under certain conditions. What Hawking appears to have done is to confuse law with agency. His call on us to choose between God and physics is a bit like someone demanding that we choose between aeronautical engineer Sir Frank Whittle and the laws of physics to explain the jet engine. That is a confusion of category. The laws of physics can explain how the jet engine works, but someone had to build the thing, put in the fuel and start it up. The jet could not have been created without the laws of physics on their own—but the task of development and creation needed the genius of Whittle as its agent. Similarly, the laws of physics could never have actually built the universe. Some agency must have been involved. To use a simple analogy, Isaac Newton’s laws of motion in themselves never sent a snooker ball racing across the green baize. That can only be done by people using a snooker cue and the actions of their own arms.”

Hoe eenvoudig word die insigloosheid van die sogenaamde ‘renowned physicist’ agnostikus nie deur iemand met insig, gedemonstreer, nie…

Die tyd het aangebreek om verlos te word van die greep van disinformasie en sekulêre religieuse boelies wat ons skole en universiteite binnegedring het onder voorwendsel van bona fide wetenskap met die pilare van hulle religie - hulle evolusieleer en groot knal teorie.

Die beste manier om dit te bewerkstellig, is om dit uit te wys vir die bedrog wat dit is – soos wat reeds besig is om te gebeur. Die leuen van sekulêre religie onder die fineer van wetenskap, kan nie standhou nie. Hulle boefagtige optrede om diegene wat hulle uitwys, siedend persoonlik aan te val en uit onderrig instellings te probeer weghou, is besig om hulle eie ondergang te bewerkstellig. Die dokumentêr “Expelled” het siedende reaksie van hulle en hulle poniepers uitgelok asook ’n veroordeling deur die American Association for the Advancement of Science – hulle agnostiese losie. Ironies genoeg is dit juis daardie optrede wat deur die dokumentêr ontbloot nè betreur word.

Hulle pogings om die wetenskappe te oorheers met hulle gedurige bewerings van swak wetenskap en vergrype uit die donker era van die Katolieke kerk in die 11de eeu en daarna, is niksbeduidend. Daar sal teruggekeer word na die tye toe die bona fide wetenskap gefloreer het gedurende die 16de en 17de eeue – toe die ware wetenskaplikes die onmiskenbare Hand van God daarin gesien en erken het.

Ware wetenskap en God is nié te skei, nie. Die wat probeer, sal saam met hul bedrieglike snertstories vergaan.

Die oerknal is besig om in sy eie swart gat, wat deur sy proponente gefabriseer is, te tuimel - soos die Woord waarsku (Psalm 141:10). Die versoek is vir die waarheid, vir vernuwing, selfs deur die sekulêre wetenskaplikes.

Groete,
Kobus de Klerk

 

  • 6

Kommentaar

  • Kobus

     
    Jy reken die ware wetenskap en God is nie te skei nie.

     
    Dis dus eintlik baie eenvoudig. Hou op jou tyd mors die op die Sê en bewys jou godsdienstige teorieë volgens die wetenskaplike metode. Teen behoorlik wetenskaplik bewese aansprake sal niemand mos durf waag om jou as belaglik af te maak nie. 
     
    Tensy alles wat jy beweer bloot in jou eie vrugbare spritueel intelligente droomwêreld bestaan.
     
    Kom nou Kosie - bewys net één van jou gelofies wat jy so vertroetel. 
     
    Groetnis (gaap)
     
    Thomas
  • Gravitasiekolk Kobus — gravitasiekolk is die regte term? Jy kan minstens darem die moeite doen om die regte vakterme na te slaan en te gebruik wanneer jy 'n lekemening oor 'n onderwerp wil lig. 'Swart gat' is afgesien daarvan dat dit 'n anglisisme is, effens aanstootlik aangesien dit 'n bekende skelwoord uit 'n vorige era verteenwoordig. Ook te lank Naomi! — meer as 2000 woorde? Daarom het ek net die opskrif gelees.
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Thomas,

    Ek is mos nie verbaas oor jou reaksie nie - lees hierbo - ek het hierdie tipe niksseggende algemeen ontkennende reaksie voorsien. Julle is so voorspelbaar omdat julle tot niks beter instaat is, nie.

    Een van julle fatale probleme, is juis julle 'wetenskaplike metode' waaraan julle hoegenaamd nie kan voldoen, nie!

    Kom ek maak dit weer duidelik - julle dring aan dat julle onomstootlike bewys ehet vir julle 'wetenskaplike' bewerings - voorsien dit! Moenie van my verwag om dit vir julle te voorsien, nie want ek weet dit bestaan, nie.

    Dus, jou reaksie meen dat jy niks kan doen aan julle selfbedrog en gepaardgaande misleiding en leuens, nie? Bewyse?

    Jy gaap, sien ek. Moeg? G'n wonder! Met sulke probleme soos jy (julle), sou mens dink julle sal wakker lê wanneer julle rustig moet slaap en lekker uitrus, en dan van ontbering gaap wanneer jy moet wakker wees en jou snert verdedig of substansieer.

    Kobus de Klerk

  • Wel jy het nou n paar wetenskaplikes aangehaal uit die duisende wat al die oerknal teorie ondersoek het. Net so kan iemand gaan en die Bybel se oorsprong gaan oopgrawe en baie dinge kry wat die boek se waardigheid gaan bevraagteken. Ek meen, daar is ten minste teoriee in die oer knal verduideliking. Al is dit nog nie geobserweer nie en jy bevraagteken dit, maar jy glo dat "iemand" als in 6 dae gemaak het gebasseer op skrifte wat honderde jare oud is en geen bewyse van die waarheid daarvan nie. 

     
    As jy wetenskap wil gebruik om wetenskap se teoriee verkeerd te bewys, doen dit dan met al die teoriee ten minste en kyk waar jy uit kom.
  • Ek kan vir jou n boek of twee skryf oor die geskiedkundige akkuraatheid van die bybel en die wetenskaplike onmoontlikhede, maar jy probeer wetenskap gebruik om jou punt te maak teen die "groot ontploffing" (lyk my anglisisme is cool hierso). Glo jy net blindelings. "Ignorance is bliss" sal die enelse se. Daar is geen punt om in wetenskap in te gaan as jy so sterk voel oor n boek wat minder feite in het as die Rapport.

     
    J C
  • Kobus de Klerk

    Coetzee,

    Jy glo in die teorieë van die oerknal wat, soos jy self sê, nog nie 'geobserveer' (praat van anglisisme) en bewys is, nie (dit wil sê, 'n absolute verbeeldingsvlug sonder hoop op bewys), maar jy verwyt my omdat ek glo dat God die aarde in ses dae geskape het, soos Hy Self sê, maar ook iets wat ek ook nog nie gesien het nie en hoef te bewys nie (dit is immers alles daar, nes God meer as drieduisend jaar gelede al laat opteken het) en ek boonop saam met baie miljoene ander weet en beleef dat die Skepper daarvan, lewe.

    Dus, ek het die totaal onafhanklike Skepper Wie vir ons sê dat Hy dit so gedoen het, en ons sien dit alles bestaan, en ons het 'n antieke rekord daarvan, van meer as 3000 jaar oud, voor die wetenskappe nog bestaan het - alles uiters belangrike faktore wat jy nie het, nie - jou hipotese (hulle kan onmoontlik al teorie status hê weens die onbewysbaarheid daarvan) wat deur julself saamgeflans is om 'n spesifieke filosofie (ateïsme) te pas en dus bevooroordeeld en onwetenskaplik en nie bona fide is, nie.

    As julle 'n onafhanklike  antieke bron gehad het wat vir julle die saak uiteensit, sou die ware wetenskaplike metode verg dat julle heengaan en uitvind hoe die Skepper dit gedoen, het. Maar daartoe is julle nie bereid nie, want julle is bevooroordeeld, subjektief antagonisties en wil dit opsluit in julle eie persoonlik geskepte en Goddelose religieuse filosofie laat inpas. Dus, hoe op aarde kan jy so arrogant wees om my te verwyt dat ek glo, terwyl jy self in 'n geopenbaarde, onbewysbare leuen glo?

    Dit is waarom julle saam met julle Goddelose 'teorieë' sal val...

    Panda,

    Jy maak alweer geraas sonder om iets substansieel  te sê - jou semantiese oefening gaan jou snert waarin jy glo, baie beslis nie red, nie.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top