''Die nag se honger kakebeen kraak oop'' deur Anoniem

  • 0

Die nag se honger kakebeen kraak oop

 

Die nag se honger kakebeen kraak oop en op my tong dansrasper die woorde
wat nog moet kom op my tong dansrasper die woorde wat nog moet kom en
die pad lê bevlek met gebreekte blues records jou klam vingers soek na snare
soos woorde ritmies gestrem bloei jou slanke vingers in gebare en ek pause –
vir ’n oomblik - maar die bar klop ’n oop kloppende kop en my brein my brein
verloor ritme tussen jou voos are die bebloede drade verstrengel in wat ek nog
wou sê maar nou moet vergeet want die blues trein los my op die platform en my
tong is gestrem en die record krap my skat die naald skraap my op en lê my bloot
en ek is net jou refrein maar jou vingers vlieg oor die snare jou vingers vlieg oor
die snare die nag se honger kakebeen kraak oop en op my tong dansrasper die woorde
wat nog moet kom op my tong dansrasper die woorde wat nog moet kom en terwyl
Hendrix deur die kamer skarrel soos ’n verborge gedagte terwyl die mure ritmies
skud sak iemand ’n lendelam lamp in my swart keel af en jou sigaret-oog flikker
gevaarlik en iewers blom iewers blom jou klam oë nog groot en orgasmies in die
donker en my slanke keel is ’n put waaruit jy water skep water wat soos swart woorde
sis stilweg flikker geel onder ons dronk voetsole blits ritmies soos Hendrix ritmies
soos Hendrix en op my tong op my tong dansrasper die woorde die woorde wat nog
moet kom op my tong dansrasper die woorde wat nog moet kom

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top