Die musiek van Khorixas, HansR

  • 0

As Suidwester ken ek die Nama/Damara se musiek en baie van die Afrikaanse goed klink vandag net so ... twee reëltjies word oor en oor herhaal en dan vang hulle so ’n ritme. Het jy al die Nama-stap gesien? David Kramer met sy maergat kry sy moves mooi reg. Hulle dans so ’n kringetjie uit op die grond en trap daai sand dat die stof staan. Eintlik pragtig om te sien want dit kom uit die hart uit. Dis suiwer tradisie.

Ek luister normaalweg as ons werk nie musiek in die Cruiser nie want die musiek van die veld is te mooi, maar ek het hom al gespeel en die manne het my so gelag-aangekyk oor die snaakse goed, maar wat de hel, dis my kar en my musiek. As ek op sy kar ry dan sal ek sy getjoing-tjoing ook seker maar moet vat? Ons verstaan mekaar en hulle musiek in elk geval mos eintlik net as die verlange so op die rug van ’n bier of ’n ding kom aanry ...

Namib

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top