Die moord op die Britse soldaat …

  • 0

… het die wêreld met skok en afgryse vervul. Simpatie en die verdoeming van hierdie daad het van oral ingestroom.

Nou hoe is dit dat selfs wreder moorde, en met eentonige reëlmaat, op plaasboere met soveel ongeërgdheid bejeën word? Is ons mense minder mens, of weet die wêreld bloot nie van die aanvalle op plaasmense nie?

Ek wil glo dis meer van laasgenoemde en ek sê weer, dit is elke dominee, pastoor, priester, prof, dosent, sanger, arties, elkeen met toegang tot 'n openbare verhoog, se plig om die wrede plaasaanvalle met elke beskikbare geleentheid onder die aandag van die wêreld (en ons eie mense) te bring.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top