Hello
Die volgende artikel, “Die middelklas se lingua franca”, bied stof tot nadenke. Die vraag gestel is soos volg:
Sal meer Afrikaans egter tot minder swart studente lei?
Christo Rheede se antwoord:
Duisende swart en bruin studente sit in Afrikaanse skole en sal die geleentheid met albei hande aangryp om aan ’n Afrikaanse universiteit te studeer, mits die onderrig van ’n hoë akademiese peil is, die navorsingsgeleenthede op wêreldpeil is en hulle beurse kry. Hierdie studente is egter nie ons residensiële universiteite se ‘voorkeurstudente’ nie, want hulle kom nie uit die middelklas nie en hul ouers het ook nie die geld om hulle verder te laat studeer nie. Dis dus nie taal wat uitsluit nie, maar die ekonomiese klasseskeiding van die nuwe Suid-Afrika wat duisende jongmense die geleentheid ontsê om verder te studeer.
Le Cordeur se antwoord in opvolg van ’n stelling deur dr Gerrit Brand:
Engels is ’n eksklusiewe en klasgegronde taal. Dis die lingua franca van die middelklas – en hoër – en nie van arm, landelike Suid-Afrikaners nie. In Suid-Afrika is daar eenvoudig nie ’n enkele taal wat almal insluit nie.” Daarom behoort universiteite elkeen hul eie taalfokus hê, terwyl hulle steeds soveel mense moontlik insluit
Dit in ag genome, sê dr Michael le Cordeur, ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad (ATR), moet Afrikaans toegewings maak. Dis onafwendbaar dat ’n studente hier en daar ’n klas in Engels sal moet draf ter wille van die groter prentjie. Maar Afrikaans het die reg om aan tersiêre instellings as onderrigtaal gebruik te word.
Dit is van die menings wat aangebied word en kan hier gevind word.
Steve Hofmeyr, Deon Opperman lewer ook kommentaar.
Baie dankie
Wouter

