As Wouter nie spiritueel blind was nie, sou hy kon sien hoe die skepping van God getuig – hy sou die noodwendige konneksie kon maak tussen die spirituele en die materiële. Is dit nie belaglik dat hy, as spiritueel blinde, dus aangaan met pogings om te stry teen diegene wie wél siende is, wie wél die konneksie sonder enige moeite kán maak nie? Is dit nie belaglik van hom, om te wil stry oor wat hy self niks van weet, nie? Maar hy is maar net verteenwoordigend van ander soos hy.
Dus, hoe kan Goddelike betrokkenheid by die skepping bevestig word, vra hy? Kyk daarna! Kyk en sien, oftewel, verstaan en begryp. Maar as spiritueel blinde kán hy nie en probeer hy nie iets aan sy eie debiliteit doen nie, hy probeer liewer die normale, siende persone se vermoëns verdag maak.
Ek wonder of hulle al ooit die moeite gedoen het, om te probeer om hulle eie debiliteit te probeer oorkom, te probeer evalueer, in stede om normale mense te probeer verdag maak – kan hulle hul dan nie die onsinnigheid van sulke optrede indink nie?
Kyk, ’n mens kan nie vir ’n blinde vertel hoe dit is om te sien, of hoe om te sien, nie – hy het geen verwysingsraamwerk om jou verduideliking in die korrekte perspektief, implikasie en konsekwensie te eien nie. Al wat mens kan doen, is om vir die blinde te vertel wát jy sien, hoe dit werk en hoe dit lyk. Dan kan die blinde jou óf glo, óf op ’n dwaalweg gaan en begin hipoteseer daaroor – en daarmee tree darwinistiese evolusie en groot knal teorie toe. Dit word religie wanneer die darwinistiese evolusionis sy hipotese begin glo vir die waarheid, al hou dit geen verband met die werklikheid nie - sy eie ‘werklikheid’, dit wil sê, ’n mite en ’n fabel. Dit is dán wanneer die blinde vir jou sal sê dat dít wat jy sien, ervaar en oor getuig, blote verbeelding is.
Net so ook met Spiritualiteit. Al werklikheid wat in die darwinistiese evolusionis se religie te vinde is, is die getuienis van die Skepping wat vir hom uitgespel word – maar hoe dit tot stand kom en deur Wie, kan die darwinistiese evolusionis maar net oor spekuleer en hipoteseer omdat sy spirituele blindheid hom niks anders toelaat nie.
Een van die sterkste spirituele, geestelike eienskappe, is insig en begrip… Spirituele Intelligensie se werktuie.
Daar is natuurlik die unieke hoedanighede soos intelligensie by diere en die superieure menslike intelligensie en hoedanighede waarvoor die darwinistiese evolusionis géén empiriese verklaring het nie. Die evolusionis kán nie vir jou uit sy darwinistiese uitgangspunt bewys hoe en wanneer die dier, byvoorbeeld, aan sy intelligensie gekom het, nie – veral vanuit ’n geheel en al intelligensielose darwinistiese milieu wat geheel en al op toeval en lukrake prosesse vir ontstaan en ontwikkeling van alle lewe steun.
Wat nog te sê die mens met sy unieke superieure eienskappe? Daardie unieke menslike hoedanighede van spiritualiteit, skeppende vermoë, abstraksie is denkpatrone, liefde, moralisering, etiek, altruïsme (selfs in geringer mate by diere) regspleging, vooruitbeplanning, gespesialiseerde lewensvaardighede en -tegnieke, politieke organisasie, ens ens waarvoor die evolusionis in sy darwinistiese (in watter vorm ookal) gewaad, géén empiriese bewys en verklaring kan gee vir hoe dit sou ontstaan uit die darwinistiese evolusionêre proses, nie - daaroor hipoteseer en filosofeer en spekuleer die evolusionis geheel en al as deel van sy ateïstiese religie – darwinisme.
Die opgrawings lewer die getuienis dat mense van die eerste van hulle af, al bedrywig was met spirituele sake soos getuig deur die religieuse artifakte wat oral opgegrawe word – deel van die mens soos die mens self ...
Maar ál die feite soos dit bevind word, harmonieer perfek met die Woord in die opgetekende weergawe daarvan, is vir algar die bewys dat God mense van die begin af só geskape het – hierdie gegewens is al 3,400 en langer gelede, opgeteken. God het die mens uniek geskape met superieure vermoëns en dié vermoëns is nie liggaamlik nie, maar inderdaad juis spiritueel, geestelik, metafisies, van aard – en so sien ons dit by uitstek, selfs en veral vandag, nog.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Kennis geneem.
Kobus — Darwanisties evolusieleer? Is daar nog ander ook?
Groete
Panda
Hallo Kobussie
Het jy nou al 'n antwoord vir baie eenvoudige vragies?
1. Het 'n hoender meer of minder "genetiese inligting" as 'n krokodil?
2. Hoe meet jy dit?
Jy weet, dis belangrike vragies, aangesien jy die een is wat die bewering gemaak het van "meer genetiese inligting".
Ek hoop jy weet dat jou hele "argument" van "evolusie benodig meer genetiese inligting" gaan platval as jy nie 'n antwoord kan gee nie.
Is dit die rede hoekom jy 'n antwoord ten alle koste vermy?
Kleinkoos
Kobussie
Lang woordslaai.
Het jy al 'n antwoord op die volgende 2 vragies:
1. Watter organisme het die meeste "genetiese inligting", 'n hoender of 'n krokodil?
2. Hoe meet jy die "meer of minder genetiese inligting"?
Lang woorslaaie gaan nie die feit verbloem dat jy nie 'n antwoord het nie.
Onthou, jy's die een wat die bewering gemaak het dat evolusie glo vereis dat een of ander "vermeerdering in inligting" nodig is. Woordslaaie gaan nie verbloem dat jy nie die waarheid gepraat het nie.
Kleinkoos
Nee wat. "Spirituele intelligensie" is mos nou maar net iets wat uitgedink is om jou te vrywaar van bewyse lewer vir jou bewerings. Dit behoort voor die hand liggend te wees dat as mens aan jouself ’n spesiale eienskap en vermoë moet toedig wat die oorweldigende meerderheid van die res van die mensdom aan ontbreek jou argumente op wankelrige pilare staan...
Hallo Stephan
Ek dink weer ou Kobussie se term "sprituele Intelligensie" is maar net deur hom uitgedink om die onwaarhede wat hy vertel te verbloem.
Hy dink dat hoe meer hy skryf, hoe meer "spiritueel intelligent" kom hy voor.
Hy weier om baie basiese vrae te beantwoord. Hy het doodeenvoudig onwaarhede vertel oor "meer genetiese inligting.
Kleinkoos
Van Spirituele Intelligensie verstaan julle kennelik niks. Uiteraard nie - anders sou julle gelowiges gewees het of ten minste nie agnostici nie.
Panda weet net van darwinistiese evolusieleer, maar antwoord nie die issues nie.
Kleinkoos kon my vorige antwoorde nie begryp nie (kenmerkend) en terwyl ek nou van mense praat, is hy terug by hoenders, om die issues te omseil. Gewoonlik gee hy 'n lys van wat hy meen, 'bewyse' sou wees...
Maar hoe insiggewend, veral ook van jou, Stephan. Deurgaans probeer jy altyd bewys lewer van jou hipotese en teorie. Nou net niksseggende, smalende aanmerkings. Jy is so insigloos dat jy nie besef dat dit juis die oorweldigende massa mense (gelowiges) is wat spirituele intelligensie besit, nie - en dit maar julle paartjies is wat dit kortkom, nie.
Vier van julle antwoord, maar nie een kom vorendag met die bewyse wat versoek en verlang word nie.
Dit is waarvan ons kennis neem. Dus, julle patetiese smalende gemompel word in daardie perspektief gesien.
Kobus de Klerk
Hallo Kobussie
Het jy nou al antwoorde gevind?
Jy weet, het 'n hoender of 'n krokodil die "meeste genetiese inligting" ? Hoe meet jy dit?
As jy bewerings maak, behoort jy darem basiese inligting te verskaf daaroor. Het jy onwaarhede vertel oor "meer genetiese inligting"? Ek dink jy het, want jy kan nie antwoord nie.
Kleinkoos
Kleinkoos,
As jy nie kan begryp wat ek skrywe nie, lê die probleem by jou begripsvermoë, nie by my aanbieding nie. Die 'antwoorde' is vir jou gegee in die aanvanklike artikel nog voor jy weens begriploosheid en insigloosheid gevra, het - jou insiglose vrae kontrasteer daarmee. Probeer dit maar weer insien.
Kobussie
Dit lyk my al hoe meer of wat jy noem "spirituele intelligensie" sinoniem is met "hoe meer mens onwaarhede vertel hoe meer spiritueel intelligent" klink jy.
Jy het dan soveel onwaarhede vertel oor "meer of minder genetiese inligting", want jy kan nie eens verduidelik of 'n voeljie of 'n krokodil die meeste "genetiese inligting" het nie.
Kleinkoos