Die meisie is ek
ek weet soms wat sy bedoel beter as syself
verstaan soms haar storie voor sy dit vertel
ek dink soms onophoudelik aan die meisie wat daar staan
in my drome kom sy weer en weer en dan moet sy weer gaan
ek weet soms wat sy dink sonder om te vra
ek weet soms wat sy voel sonder om te pla
die meisie in my droom
klou vas aan haar ma se soom
in haar oë sien ek die vrees
’n hartseer storie om te lees
die meisie word ’n bietjie ouer
sy leun nou teen iemand se skouer
ek weet soms wat haar drome is
nog voor ek daaroor begin vis
die meisie kyk af en ek sien sy sit en bid
dan kyk sy weer op en ek sien dis ek wat daar sit
die meisie in my droom
klou vas aan haar ma se soom
in my oë sien ek die vrees
my hartseer storie om te lees
![]() |



