Dis die mees polities-korrekte allesomvattende stelling wat ek nog gehoor het.
Die VSA se Demokratiese Kongres-leier, Nancy Pelosi, sê tydens haar tirade nadat die staat Alabama aborsie verbied het,“It’s an assault on basic reproduction freedom”.
Kyk net hoe mooi, hierdie stelling omvat alle wat-ook-al-seksueel. Geen wat-ook-al-seksueel kan ‘verontreg’ voel nie. En dan is daar die “bitter verontregte” Amerikanertjie wat ‘n plakaat rondswaai tydens ‘n pro-aborsie optog waarop sy verklaar: “No rosaries on our ovaries.”
Die “evangelicals” moet bygesleep word. Dis mos hulle wat haar die ‘basic reproductuion freedom’ ontneem.
Moraliteit – waarheen is dit? Ek is seker dat daar in bitter baie Amerikaanse huishoudings nog hierdie waarde is, maar dit haal nie die voorblaaie en hoofberigte nie.
Ai ... die liberale humanisme darem!
Raed-na-Gael


Kommentaar
So, iemand se dogter of vrou word verkrag en raak swanger en sy sê sy wil die fetus aborteer. En dan noem jy haar 'n liberale humanis!
Is dit jou idee van moraliteit?
Raed-na-gael, die tendens van die liberale humanis noem ek sommer emosionele plakkery.
'n Wit Engelse vrou uit Zimbabwe weet vir my te vertel dat selfwerksaamheid verkeerd is en dat elke witman ’n "verpligting" het om werk vir politieke swartes te skep in SA. Ek weet nie waar hierdie plig in wetgewing vervat is nie en het dit so genoem. Sy het haar opgeruk toe ek sê sy is besig met emosionele plakkery.
Baie dankie! Jy slaan die spyker op sy kop!
Dirk, en die gevalle, grootliks in die meerderheid, waar daar swangerskappe uit "liefde" ontwikkel?