Die Meermin van ons Kosmiese Oseaan ... (spesiaal vir Ronel)

  • 0

Sabbat Sjalom.

Bron

Die aarde was woes en leeg, en duisternis was oor die oseane. En GOD ons MOEDER het gesweef op die see. En GOD het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En GOD het die mens geskape na HUL beeld; man en vrou het HULLE ons geskape.

Die opneem van my verhaling uit Genesis hoofstuk een hierbo, is ’n troue rapport geneem uit antieke Hindoe en Hebreeuse aanbidding tot GOD ons MOEDER – Asjera onse Shekhinah.

Die Moeder van GOD; Heilige Maria (Miriam/MiriaYam – gevorm uit die woord Mar wat bitter beteken en Yam wat see beteken), is ook ’n mitiese verwysing na GOD ons MOEDER; die Heilige Gees wat oor die sout van die oseane gesweef het. Maria die Moeder van GOD, word daarom ook as die Ster van die See in diens aan GOD gewy. Eweneens het die antieke Hebreërs, hulself aan Athiratu Yammi gewy; aan Haar wat op die oseane loop. In menige antieke teks staan Asjera (Heilige Gees) aan die sy van El (Yahwe).

Vandag verwys die Hebreeuse Bybel op ’n hele aantal plekke steeds na Asjera, maar doen so op ’n neerhalende, veroordelende wyse.

Enkele tekste daaruit:

1 Konings 15:13 – Asa onttroon sy ouma Maäka omdat sy ’n Asjera-beeld gemaak het (vgl 2 Kron 15:16);
1 Konings 18:19 – Elia teen die 450 profete van Baäl en die 400 profete van Asjera wat van Isebel se tafel af eet;
2 Konings 13:6 – Israel volhard in hul sonde en laat ’n Asjera-beeld in Samaria bly staan;
2 Konings 17:16 – onder andere word ’n Asjera-beeld as rede gegee waarom die volk in ballingskap gegaan het;
2 Konings 21:3, 7 – Manasse se dwaling sluit ook Asjera-beelde in (vgl 2 Kron 33:3 wat na dieselfde voorval verwys, maar ipv Asjera-beeld, noem die skrywer dit ’n “gewyde paal”);
2 Konings 23:4, 7 – Josia se hervorming. Hy vernietig die wydingsobjekte van Baäl en Asjera, en laat die manlike prostitute se kamers by die tempel afbreek waarin die vroue klere vir die diens van Asjera geweef het (vgl 2 Kron 34:4 – ook hier gebruik die skrywer “gewyde pale” ipv Asjera).

Die godsdiens van Ou Israel was alles wat deur latere skrywers van die Hebreeuse Bybel veroordeel is. Klein families het hulle eie familiegode gehad. El, Baäl en heel waarskynlik Jahwe ook, was aanvanklik familiegode wat naas mekaar bestaan het en so aanbid is. Wat die latere skrywers van die Hebreeuse Bybel as “afgodery” veroordeel, het Ou-Israel nie van Kanaän geleen nie, maar dit was inheems aan eie godsdienstige praktyke.

Patriarge Hebreeuse priesters het Asjera met opset geminag. Dieselfde korps het later ook in direkte stryd met Jesus Christus onse HERE gestaan. Jesus Christus ons GOD het egter meer as eenmaal na hierdie telge van Satan as adders verwys. Vandag kan die onderdrukking deur godsdiensboewe, nes die Fariseërs van ouds, steeds met hartseer en pyn op ons werf gelees word.

Op Golgota het Jesus Christus ons Ewige GOD aan die vloekhout (die Boom van Lewe), Asjera gehang en so ten volle versoening en genade vir al ons sondaars gebring.

Mag YESHUAH HA MESCAICH, avatar van onse HaShem, onse Shekhinah; GOD ons MOEDER, die Meermin van ons Kosmiese Oseaan ... self Troos in ons almal se HARTE bring.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Katolieke, en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top