Die maagdelike geboorte

  • 12

Angus probeer die maagdelike geboorte van die HERE Jesus Christus weerlê en sommer ook die Woord daaroor, ook.

Lees dit maar, om sy eenogige gespartel waar te neem.

Al waaroor die Catholic Encyclopedia hom uitdruk, is hulle veronderstelling van wat húlle meen, Mattheus se “interpretasie” van Jesaja 7:14 is. Die CE het al net met die draai van die 20ste eeu, die speelterrein van menige skeptici en sekulariste geword (onthou, die CE kom al ’n lang pad voor die 1970’s).

Maar, ironies genoeg, ten spyte van die titel van dié ensiklopedie, ontken die Katolieke kerk se dogma hoegenaamd nie die maagdelike geboorte van Christus nie – inteendeel, hulle het so vêr gegaan as om Maria selfs tot ’n religieuse ikoon te probeer verhef daaroor, hoe bitter verkeerd die ikonisering van mens ookal is.

Die Catholic Encyclopedia word egter oorskadu én weerspreek deur talle ander werke van werklike gesag, soos byvoorbeeld, die International Standard Bible Encyclopedia, waar dié siening van die CE ook genoem en gekritiseer word.

Die res van Angus se brief is ook die gebruiklike spekulatiewe snert.

Sy behandeling van die Hebreeuse woord “almah” is pure leuen – hier is die verklaring “5959 [almah] n f. From 5958; TWOT 1630b; GK 6625; Seven occurrences; AV translates as “virgin” four times, “maid” twice, and “damsels” once. 1 virgin, young woman. 1a of marriageable age. 1b maid or newly married.” – Dus, jý sukkel, ja, maar nie die destydse vertalers nie - of dit nou maagd, jongmeisie of jongvrou is – almal dui op die maagdelikheid van die vrou – as die sekulêre skrywers van die CE die Joodse gebruike en tradisies geken het, sou julle geweet het dat gééneen van dié vroulike persone, aan enige seks blootgestel is, nie – dat was absoluut taboe, ongehoord – dus het die verwysing na maagd, jongmeisie of jongvrou almal outomaties maagdelikheid veronderstel – uiteraard was “newly married” nie op Maria van toepassing nie, vandaar juis Josef se aanvanklike konsternasie. Én “newly married” wys juis op die staat van die getroude meisie net vóór konsummasie wyl sy dus nog maagd was.

Alles wat Angus oor die verloop daar sê, word lynreg weerspreek deur verskeie outoritêre werke (behalwe die snert wat hy self versin, wat in elk geval nikswerd, is). Die International Standard Bible Encyclopedia, om maar een objektiewe gesagsbron te noem, – behandel dit in detail en diskrediteer dit.

Interessant – waarom kies Angus nie die bronne soos die International Standard Bible Encyclopedia, die New Illustrated Bible Dictionary, die King James Version Study Bible, die Hayford’s Bible Handbook, die Survey Of Bible Doctrine, die Handbook For Spiritual Warfare, ens., om maar net ’n paar te noem, om iets wys te word nie? Want hy is bang vir die Waarheid – en hy is verál bang dat hy iets sal leer.

Hy sal onthou, toe ons vroeër oor die kwessie van maagdelike geboorte gepraat het, hoe hy en sy maters my gehoon het en ontken het dat maagdelike geboorte hoegenaamd moontlik is en om sy onkundige eweknieë nou onlangs aan te haal, dit kwansuis teen die natuurwet is? En daar kom Angus en weerspreek homself, met eier in die gesig én voer ’n eierdans uit om uit die verleentheid te probeer kom.

Maar so leer hulle… hoewel dit ’n baie tydsame proses met hulle is.

Die volgende ding wat hulle sál leer, is dat God tot álles in staat is, veel meer as die genetici wat met hulle manipulasie werk – hoe kan Angus sê God se ingryping sal, byvoorbeeld, partenogenese nie kan vermag nie? Wat wéét hy van God? Hy weet dan nie eens dat God bestaan nie (of só gee hy na buite te kenne). En hy is verkeerd as jy beweer dat die “produk” altyd vroulik sal wees, net omdat hy meen, daar is net ’n vroulike chromosoom teenwoordig kan wees - testikulêre feminisasie by vroue weerspreek hom, om maar ’n enkele voorbeeld te noem.

Kobus de Klerk 

 

 

  • 12

Kommentaar

  • Kobus, ek kan sommer aan jou skrywe sien dat jy of nie my brief behoorlik gelees het nie, of nie verstaan het nie. nêrens "weerlê" ek die maagdelike geboorte van Christus nie. Net soos ek DJ Opperman nie van 'n leuen kan beskuldig as hy sê "Uit holtes van 'n boom, het kuddes vee gekom" nie, net so kan ek die Bybel nie van onwaarheid beskuldig nie. Binne die mitologiese dop is hierdie bonatuurlike gebeure beskerm. Sodra hierdie gebeure voorgehou word as ware gebeure, is dit kwesbaar en moet dit as sodanig getoets word aan die natuurwette van die wêreld waarin ons leef. In die mitolgiese wêreld is dit moontlik dat kuddes vee uit boomholtes kan kom en maagdelioke geboortes kan plaasvind. In ons wêreld is dit heeltemal onmoontlik. Eksperimente en navorsing met partenogenese deur oa Tomohiro Kono aan die Lanbou-universiteit in Japan het bewys dat  veral die mens onmoontlik deur partenogenese kan voortplant. Trouens, maagdelike geboorte by die mens is heeltemal onmoontlik. 

     
    Die Christengelowige het dus 'n keuse: of Jesus Christus se geboorte is 'n mite, of haal dit daaruit, maar dan moet jy wertenskaplike bewys lewer van die egtheid daarvan. Jy sal ook onder laboratoriumomstandighede bewys moet lewer dat as god ingryp dat maagdelike geboorte wel kan plaasvind.
     
    Die Catholic Encyclopedia gee die jongste siening aan die hand van navoring deur teoloe. Jy maak die stelling dat ander publikasies dit oorskadu. Lewer asb bewys van hierdie oorskaduing.
     
    Jy sê my bahandeling van die vertaling van "almah" is 'n pure leuen. In watter opsig? Ek het gewys op die regstelling van die vertaling daarvan en jy sê dieselfde. Waarom ek dit genoem het, en teoloe wat hieroor navorsing gedoen het sê ook so: Die skrywer van Matteus het die verkeerde vertaling gebruik vir die skepping van sy verhaal oor die maagsdelike geboorte van Christus. 
     
    Ten slotte: ek het my nie weerspreek toe ek partenogenese genoem het as 'n moontlikheid vir maagdelike geboorte nie. Alhoewel dit by soogdiere geinduseer kan word dmv chemiese en elekriese stimulering, sterf die embrio's byna onmiddellik. Veral by die mens is vroulike en manlike genetiese materiaal nodig om te kan oorleef.
     
  • Kobus de Klerk

    Angus,

    Jou repliek oor jou hantering van die genealogie van die HERE Jesus via die maagdelike geboorte uit Maria, is vir almal om te sien – die uiteinde van wat jy sê (selfs al besef jy dit nie self nie, omdat jy nie woorde en sinne se implikasie en strekking kan interpreteer nie) is dat die feitelike grondslag van die verhaal in die Woord van die HERE Jesus Christus se maagdelike geboorte, onwaar is en probeer jy dit as ’n sogenaamde “mite” weerlê – hoe anders, as jy begrip en insig daarin had, was jy nie ’n insiglose, spiritueel-onkundige en –onbekwame ateïs nie.

    Jy sê ek moet bronne vir jou uitwys, wyl jy probeer kommentaar lewer op juis een sodanige bron? Wat is fout met jou? Ek gaan jou beslis nié opvoed nie – jy het in elk geval nie die kapasiteit daartoe nie… lees verder.

    Jy sal op ’n meer kundige vlak moet probeer kommunikeer as jou poging hierbo, anders is daar weinig meer om uit te wys as jou onkunde.

    Wat die genealogie self aanbetref, is die sogenaamde CE waarop jy steun, juis nie ‘wetenskaplike’ bewys nie – maar die verhandeling van Mattheus, wie ’n direkte verbintenis met die HERE had en Lukas, wie ’n direkte gespreksverbintenis met Maria agterna had, sulke ‘wetenskaplike’ bewys. Maar omdat die feitelike bestaan van die genealogieë soos hulle hierbo in my artikel deur ’n ware kundiges getoets en uiteengesit is – om met feite soos genealogieë te werk, deur kontemporêres van die begin- of eindstake van sulke genealogieë, is júís ‘wetenskaplik’. Toe dink die antagoniste ’n ander, ewe deursigte en basislose plan uit – hulle gorrel dat die twee evangelies, met spesifieke verwysing na die gedeeltes wat die maagdelike- en Goddelike herkoms wat die HERE Jesus Christus bevestig, kamstig “vervals” of dergeliks, is.

    Julle moet darem dink ons ander is só onnosel soos julle wat dié dinge aanbetref… dink daaraan, dat daar massas Christene is wie wéét dat die HERE Leef en God is en die Woord omtrent Hom, Syne is en waar is, weens persoonlike verhouding met Hom… watter antwoord het julle dáárop?

    Om dit af te probeer maak met ’n enkele veeg van die pen, soos jy en Wouter probeer doen, dui net op julle onbeholpenheid in daardie verband en is die enigste nut daarvan om julle absolute onwetenskaplike onbeholpenheid te betoon.

    Wat die partenogenese betref, hét jy tevore smalend en spottend ontken dat maagdelike geboortes by mense selfs moontlik is en het julle my spottend allerlei name genoem, juis in daardie tyd het die kabouter storie sy oorsprong gehad – en nou weet julle van beter en sal dít wat jy nog steeds totaal en al ontken, ook vir jou geopenbaar word later.

    Ek moet vir jou uitwys dat jou leuen – “Eksperimente en navorsing met partenogenese deur oa Tomohiro Kono aan die Lanbou-universiteit in Japan het bewys dat  veral die mens onmoontlik deur partenogenese kan voortplant. Trouens, maagdelike geboorte by die mens is heeltemal onmoontlik ” - oor Tomohiro Kono baie duidelik aantoon hoe julle bereid is om feite en waarheid te verdraai om julle agnostiese ontkenningsindroom te voed, ten alle koste. Kono was aan die hoof van ’n span by Tokyo universiteit wat suksesvol ’n partenogenetiese proses op ’n muis (genaamd Kaguya – na ’n prinses) gedoen het en het hóégenaamd nie met mense geëksperimenteer nie, én het duidelik te kenne gegee (terwyl daar tevore as wetenskaplike gospel aangevoer is dat só iets by énige soogdier, onmoontlik is – sien Johan Wiese se onkundige kommentaar) het dat die lae sukseskoers, te wyte is aan die nuutheid van dié nog eksperimentele wetenskaplike proses.

    Hierdie tipe van oneerlikheid in julle pogings staan te gereeld uit. Waarom sou mens bereid wees om met julle diskoers te voer, want mens weet by voorbaat dat julle óf heeltemal oneerlik óf oneerlik selektief te werk gaan met julle ‘bronne’ – soos Wouter ook deesdae doen – dit raak nou ’n uitstaande kenmerk by julle.

    Dus, julle sit nou in julle smalende verleentheid en ek? Nee, verkeerd, ek lag nie vir julle nie, want julle is pateties, maar ek kry julle jammer. Dit is te verstane dat jy met jou jakkalsdraaie probeer om die verleentheid wat jy en jou maters vir julself veroorsaak het, te versag, maar ek sien daardeur.

    Ek het jou tevore gewaarsku dat ek nie sulke truuks wil akkommodeer nie.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Hello Angus

    Na aanleiding van "...Lukas, wie ’n direkte gespreksverbintenis met Maria agterna had..." uit Kobus se skrywe hierbo.

    Ek en jy weet dat die evangelie van Lukas dateer na ongeveer 85. Maria was seker so twintig jaar oud toe Jesus gebore is. Dit maak haar so om en by een honderd jaar oud ten tye van hierdie onderhoud. Lukas, 'n Grieksprekende 'joernalis' werk deur 'n Aramese tolk: 'Kom nou tannie Maria, vertel nou vir ons eerlik. Wie was Jesus se pa?"

    Miskien kan Kobus help en ons verwys na die spesifieke versie in die Bybel wat hierdie stelling van hom ondersteun.

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    jy weet mos jy spekuleer nou, wat is die punt daarvan? Weet jy miskien hoe oud Maria wel geword het, en hoe oud Lukas was toe sy hom te woord gestaan het? Wat gee jou die idee dat dit was op die tydstip toe die evangelie 'gepubliseer' is?

    Maar jy ken ook nie jou gebruik en geskiedenis nie - meisies van daardie tyd was op 12-14 jarige ouderdom al hubaar  - en Maria was juis net op hubare ouderdom met haar swangerskap (dit is waarom sy verloof was, maar nog nie getroud).

    Dit is ook nou waar jy jouself uitvang - geen van die kritiek wat jy teen die Bybel lewer, is ook mos nie in die Bybel as bron te vinde nie, maar kamstige eksterne bronne, hoe onbetroubaar ookal - waarom soek jy al daardie gewens van my af in die vorm van Bybelteks? Waarom op aarde sou dit in die Bybel opgeteken staan? Wys jou net watter ingrypende onkunde ne insigloosheid daar by julle heers oor die doel en aard van die Woord. Hoe kinderagtig en oppervlakkig.

    Die inligting is uit die Q gekry deur die navorsers, en kan eenvoudig nie deur jou weerlê word nie. Waarom moet ek julle opvoed? Julle gee dan voor om kundig te wees. Maar dié is in die bronne te vinde waarvoor julle so bang is… bang julle leer werklik iets wat julle agnostiese fondasie gaan uitmekaar ruk.

    Wat Lukas aanbetref, was hy nie 'n joernalis (waar kom jy daaraan?) nie. Dink jy sarkasme gaan jou deurdra? Tipies!  Lukas was 'n ywerige geleerde navorser en geïnspireerde gelowige en boonop 'n geneesheer wat beide Hebreeus en Grieks magtig was. En moenie kinderagtig, by al jou ander onbekwaamheid (sarkasme, ongeloof, onkunde, vooroordeel, insigloosheid, ... maar wag, daar is 'n 600 woord limiet) wees nie - jy het  mos driftig onderneem om nie weer op enige van my skrywes te reageer nie - daardie een was mos die laaste (geheue probleme ook?) - dus sal dit jou nie help om kamstig vir Angus te skrywe, as jy eintlik op my repliek wil en wel, lewer nie.

    Sien, hoe meer julle skrywe, hoe meer word julle blootgestel.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Stadig swaer, jy verwys na die Q-dokument asof dit 'hipotese is wat jou enigsens ondersteun. Gaan lees liewer meer oor die onderwerp voor jy jou eiers in daai mandjie pak.

    So, as Lukas Hebreeus gepraat het sou hy 'n Aramese tolk nodig gehad het om Maria te ondervra en dan daarna dit in Grieks neergeskryf het? Miskien, miskien, miskien....een veronderstelling gebaseer op honderde voriges. Wat ook al nodig is om jou bybeltjie te beskerm as die foutlose inspirasie van gesie-boy.

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Moenie jou onkunde so uitstal nie - die Quelle verleen baie ondersteuning - maar jy het mos die probleem dat jy nie eens eenvoudige Bybeltekste kan verstaan nie, soos ons nou al hoeveel maal, gesien het - dus, waarom sou jy die Quelle verstaan? Seker daaroor dat jy nie kon volhou nie.

    En as jy werklik kennis gehad het, sou jy ook weet dat Hebreeus en Aramees baie na verwant is, en dat mense vandag baie dikwelks na die Aramese dialek wat destyds gepraat is, na verwys as Hebreeus.

    Daar is weer die katterigheid, die snedigheid, die sarkasme, die resultaat van onbeholpenheid.

    Jy besef tog seker dat hierdie sinnelose, irrelevante pogings tot skermutselings van jou, jou weereens wegtrek van die eintlike punt onder bespreking? Jy het werklik 'n afleibaarheidsprobleem. Mense met die probleem, sukkel erg om te verstaan, baie soos jy demonstreer.

    Ek het glad nie nodig om die Woord te beskerm nie - die Woord se aanhang groei al vir die afgelope twee millennia-plus van sterkte na sterkte. Dit is net jy in jou verwyderde, waas-wêreld waar jy dit vir jou anders delusioneer.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Kom ons los die ooreenkoms/verskil tussen Hebreeus en Aramees vir later. Ons kan ook op 'n later stadium terugkom na 'n bespreking van die Q-dokument/bron.

    Weereens het jy aangedring op 'n fisiese ontmoeting tussen Lukas en Maria: "Weet jy miskien hoe oud Maria wel geword het, en hoe oud Lukas was toe sy hom te woord gestaan het?". Vergeet maar ook op hierdie stadium hoe oud sy was. Ek herhaal die vraag wat jy blykbaar probeer vermy:

    WAAR IN DIE BYBEL (MAW WATTER VERSIE) WORD HIERDIE STELLING VAN JOU ONDERSTEUN????

    Jy is besig om hierdie 'onderhoud' tussen Lukas en Maria uit jou duim te suig. Moenie dink hierdie vraag is onbelangrik nie.

     

     

  • Kobus de Klerk

    Chris, nee, ek meen nogal vir jóú is die vraag baie belangrik. Want die implikasie daarvan verongeluk jou hele premis.

    Maar vir doeleindes van die Woord, is dit van geen belang nie. Die Woord staan op eie bene en ontleen nie kragdadigheid of relevansie of geldigheid uit wat in of uitgelaat is toe die Woord soos opgeteken in die Bybel, saamgestel is, nie.  Die Woord is gerig op Spirituele en geloofsgroei in die HERE, en die Woord hoef en sal Homself nie ooit hoef te bewys nie - veral nie aan ape nie.

    Navorsers vors na, omdat die agnostici al vir wie weet hoe lank probeer voorgee dat dinge verdag is, soos jy en jou maters vandag nog probeer doen… ek het jou mos gesê, as julle die Christen aanval, skrik hy nie, hy versterk homself met nog méér inligting-kennis en want wat só gevind word, is heerlik omdat dit juis bevestiging bied vir wat tevore geglo en aanvaar is en jy in jou waas, kan jou beswaarlik voorstel watter bemoediging dit is, omdat dit net weer en weer en weer, vir eeue nou al , die betroubaarheid van die opgetekende Woord bevestig.

    So nee, jy moet maar self oor die Quelle gaan snuffel, ou wysneus, ék gaan jou nie opvoed nie.

    Ek verseker jou, ek suig dit nie uit my duim nie.

    Maar logika sou jou natuurlik op die regte spoor kon bring en dáármee gaan ek jou help, want ek weet vir ’n feit dat jy nie oor daardie kosbare gawe beskik nie… Let op:

    Lukas is toegewyde en báie ywerige gelowige, in Jesus die HERE, asook Sy getroue dissipel, én boonop ’n getroue vriend en bedieningsmetgesel van Paulus, wie juis sélf ’n báie, báie  besonderse en lewensveranderende ontmoeting met die HERE had op pad na Damaskus. Uiteraard weet Lukas alles daarvan en het dit sy ywer absoluut aangewakker om meer en meer te weet van dié HERE Wie pas tevore nog as Mens die paaie bewandel het waarop hulle stap, asof Sy spore nog warm daarop lê. Dan is Lukas nog boonop ’n Griek en daardie gene van hom maak hom nog meer lus, baie lus, en ywerig vir kennis… Die sorgvuldige en sistematiese manier en die taalgebruik van die Evangelie van Lukas en Handelinge bevestig dié ywerigheid… En dan, hierdie absolute kosbaarheid - is daar natuurlik dan nog ontsettende belangrike bronne van kennis vir hom, sy meer senior kontemporêr, Maria, die natuurlike moeder van die HERE, én die ander halfbroers van  die HERE Jesus – sy eie tydgenote. Hy het natuurlik gaandeweg oor die jare heen gereeld met Maria kontak,  én die HERE Jesus se halfbroers, een waarvan Jakobus, was, hê…

    Het jy die vermoë om te dink en in te sien waaroor hulle algar graag sou gesels? Ja, ja, ek weet, daar moenie van jou verwag word om te dink nie. Maar by hierdie een, gaan jy nie verbykom nie. Dít is hoekom jy so onbeholpe is… omdat jy nie met sin, logika en veral met insig, veral Goddelike insig, kan dink nie  - én dan is daar ook daartoe afwesigheid van Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie, wat vir jou dinge net onhebbelik onmoontlik maak om te vorder – vandáár dat jy opgeskop het…

    Daar is níks wat jy hieraan kan doen, nie – koggel is, in jóú verwysingsraamwerk, jou enigste opsie om die verleentheid te probeer onderdruk. Apie in ’n hok.

    Moet sê, ek mis nogal die ou agnostiese teatrale koortjie wat my so probeer toetakel het in die verlede - is dit werklik net die kinderagtige apie-swapie Deuce-C wat oorbly (O, ja, Wouter-apie is darem ook nou by.)

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Cornelius, ek dink Kobus het dit reggekry om homself in die toilet toe te sluit voor die matrone sy sleutelbord kon afneem.

  • Kobus, wat my amuseer is dat jy die wetenskap beveg, maar tog wil jy die Bybelverhale wetenskaplik waar bewys? En dis nie net jy nie - al die Kreasionistiese pseudowetenskaplikes het net een doel: om die Bybel waar te bewys al verdraai hulle die wetenskap en ook die Bybel sodat dit hulle pas. 

  • Chris Dippenaar

    'n Rooi vlaggie gaan op as Kobus en Matteus aanspraak maak op 'n ware interpretasie/vertelling van die J-mite. "God" kry niks meer as 1/10 vir die manier hoe hy dit moontlik maak vir buiksprekers om enige stront wat hulle pas in ander se kele te probeer forseer.

    MT 7:15 Beware of false prophets, who come to you in sheep's clothing, but inwardly are ravening wolves.

    MT 24:11 And many false prophets shall arise, and shall lead many astray.

    CHRIS 1:1 Many false prophets arose, leading many astray, and none could be found not to be ravening wolves.

  • Kobus de Klerk

    En daar maak apie Chrissie my punt omtrent hom en swapie Kerneelsie, vir my - mooi so, apie Chrissie!

    Angus,

    Nee, ek verseker jou dat ek nie die Bybel wil bewys nie, want die Bybel, die Woord, eerder (waarvan in die Bybel getuig word), staan geheel en al op Sy Eie bene, iets wat ek laaaaankal weet, en julle nog nie  - die feit dat ek ooreenstemmende en versoenende aspekte uitwys, is vir julle om te sien dat julle selfbedrog julle blind maak.

    Ek beveg baie beslis nie die wetenskap nie, en het gans te veel waardering daarvoor en geniet my omgang daarmee en van my lekkerste en langste vrugtevolle gesprekke wat ek het, is met my seun wie hom in die wetenskappe verdiep op 'n baie volwasse, sinvolle kwalitatiewe en vrugtevolle manier.

    Ek het dit teen jou soort religie, wat wil paradeer as 'natuurwetenskap" - dit is oneerlike misbruik van 'n andersins baie nuttige en dinamiese dissipline - die suiwer wetenskappe, wat natuurwetenskappe insluit. Waarmee jy en jou maters julle besig hou, is nie natuurwetenskap nie, maar religieuse filosofie wat die wetenskap probeer kaap as front. Te lank al het die front mense wat te goeder trou in die wetenskaplike dissiplines betrokke is, en andere, geflous, maar die skrif is aan die muur vir julle.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top