Jy’t geval van jou perd
vul die landskap met kneusplekke
die speechbobbel wat sweef bo jou kop
soos ‘n ekstra persoonlikheid
gekraak (mamma plak ‘n pleistertjie)
vol uitroeptekentjies en kopbene
Jy is ‘n tintin
‘n lee gesig
skoene wat enige voet kan omhul
jou skedel is gekraak binne jou valhelm
vir ‘n wyle wys jou ware gesig
die een wat soos ‘n fingerprint is
en jou val is onbenullig
op die horison
in die heelal
die nonne in die stuipe van st vitus dans
tussen die bomne
massahisterie en besitlikheid
kasterolie en swetsklanke wat tussen tande maal
ja
jy’t geval van jou perd
nou skiem jy jy sien allerhande dinge

