
Foto: Canva
Die lig het verdwaal
Jy sien,
daar is net geen
(ant-) woorde,
vir
die lig in my oë
wat uiteindelik
ook maar
verdwaal het
in die verwronge wydte
tussen
die Suide
en
die Noorde –
tog sal ek
Jou
nog altyd onthou,
al vergeet ek
myself
eendag

