Die lewende dooies
die haatfabriek
stuur gif in die atmosfeer
waaraan ons stik
kardiovaskulêre druk
die suurreën vreet aan my
en stel my bene bloot
dis wat ons is
halflewende geraamtes
halfdooie geraamtes
Koor
ons dans in die reën
die vergiftigde reën
selfdestruktiewe neigings
wat samelewings seën
die wit flits
kinders wat sypaadjies inkleur
deur bloed wat hulle smeer
teenoor die geraamtes wat lag
wat na groepsdruk smag
die veel makliker keuse
dit is deel van jou wese
Koor
ons dans in die reën
die vergiftigde reën
selfdestruktiewe neigings
wat samelewings seën
want soms is dit makliker
om halfdood te leef
as om te konfronteer
en my uitgedroogde hartstuk
verkeer in kardiovaskulêre druk
Koor
ons dans in die reën
die vergiftigde reën
selfdestruktiewe neigings
wat samelewings seën
![]() |



